Tuesday 30 December 2008

Saturday 27 December 2008

Vakansie

Vir vyf wonderlike dae was ek in die bos. Daar waar dit rustig en vreedsaam is en vrede en vreugde volop. En daar waar ek saam mense is wat vir my belangrik is.

Deur die dag brand die son warm en bly ‘n mense maar in die koelte, lê rond en lees. Sononder word soos ‘n vuur aan die hemelruim geverf en die kleure daarvan verander letterlik elke minuut. Ek wens dit was iets wat ek op kamera of selfs canvass kon vasvang. En dan steek Venus sy kop uit. En steeds is die belangrike mense in my lewe daar om dit mee te deel.

Dit was donkermaan in die tyd wat ons in die bos was. Wanneer jy eindelik in die bed klim maak dit nie meer saak of jou oë oop of toe is nie – jy sien dieselfde. En om die sterre aan iemand te beskryf is volgens my onmoontlik. So ‘n gesig het ek lanklaas in my lewe gesien en ek dink onwillekeurig aan die lirieke van Tree 63 se Million Lights waar daar aan God gesê word:

Can we hang out tonight underneath your ceiling? I could stare up at a million lights and listen to You breathing. If I fall fast asleep it’s just because I feel so safe in You. It won’t take much to wake me up.

24 Desember 2008
Op Oukersoggend lê ek reeds vroeg wakker met die silhoeëtte steeds vars in my geheue. Ek praat van die vorige aand se doringboom-silhoeëtte teen die agtergrond van ‘n weerlig-verligte bosveldnag. Ek onthou hoe die reuk van stof wat die reën voorafgegaan het in my neus gespeel het en hoe ek amper heelnag na die donderweer en reën gelê en luister het.

Ek het gelê en luister na meer voëlgeluide as wat ek kon identifiseer of selfs onderskei en het saam die voëls gejuig en sing oor die skoongewasde aarde. Op die vooraand van Christus se fees buig ek saam die skepping laag voor Sy almag en getuig ek in nederigheid oor die wonder van Sy koms. Dit laat my soos die aarde voel – skoongewas, ‘n nuwe mens.

Later die oggend gaan stap ek ‘n ent. Behalwe vir die voëls heers daar ‘n doodse stilte. Dis asof almal bietjie inlê na die nag se reën. Maar dit is hoe ek dit verkies – net ek en die natuurgeluide en die enigste teken van beskawing die pad waarin ek stap.

Ek kom af op ‘n trop tarentale – seker byna twintig – wat tussen die nat gras na ontbyt soek. Een van hulle laat vir my ‘n mooi, sagte gespikkelde veer in die pad agter. Een wat my later sal herinner aan hierdie kosbare oggend.

Kersfees!
Kersfees is altyd spesiaal. Hierdie een ook – want ek was saam met mense wat vir my belangrik is. Hierdie een is vir my bietjie anders as die waaraan ons in Afrika gewoond is. Dis ‘n koue een. Maar ek sit reeds teen 6:30 buite. Die wolke is dig saamgepak en die wind laat my dieper in my trui inkruip. Maar ek kla nie, ek smile.

Alhoewel ‘n datum eintlik niks hiermee te doen het nie, is dit die datum waarop ons Christus se geboorte herdenk – en met blydskap vier saam met die mense wat vir ons belangrik is en vir wie hierdie Fees ook belangrik is. Al vier ons dit ‘amptelik’ net een dag per jaar, is ek elke dag verstom oor die liefde waarmee God sy Seun en seën vir ons gegee het.

En elke dag wil ek saam met engele sing:
Glory to God in the highest and on earth peace to men on whom his favour rests.

Thursday 18 December 2008

Wees geseënd

Vandag oor ‘n week is dit Kersfees!

Vandag is die laaste keer wat ek werk vir 2008. En dit in alle waarskynlikheid ook die laaste keer wat ek hier sal skryf vir die jaar.

Dankie aan elkeen wat my in 2008 die waarde van vriendskap en liefde en ondersteuning geleer het – en dit aan my bewys het. Julle is almal baie kosbaar vir my.

As jy op reis gaan in hierdie tyd, bid ek jou veiligheid toe op die paaie en waar jy ookal gaan. Geniet die ruskans en kom veilig terug.

Aan ieder en elk wens ek ‘n vreugdevolle en liefdevolle Christusfees toe. Mag jy en jou geliefdes die wonder van Kersfees beleef en mag die vrede daarvan elke dag van 2009 met jou saamgaan.

En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
Lukas 2:13-14
Wees geseënd!

Sy smile

…vir die een wat raas

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en luister hoe jy tokkel.
Soms iets van Laurika,
maar meestal Jan Blohm of Valiant.
En altyd smile sy
as jy raas op jou kitaar.

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en verkyk haar
aan hoe jou vingers
oor die snare gly.
En altyd smile sy
as jy raas op jou kitaar.

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en giggel
as jy die woorde vergeet
en dan jou eie opmaak.
En altyd smile sy
as jy raas op jou kitaar.

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en wens dat wat sy nou voel
nooit sal verander nie.
En sy weet sy sal altyd smile
solank as wat jy vir hààr
raas op jou kitaar.

Monday 15 December 2008

Kersvader wie?

Goed, ek weet almal is al moeg vir my siening oor hoe mense Kersfees vier … maar daarom deel ek vandag graag ‘n artikel deur Antoinette Pienaar wat ek op Beeld se webtuiste raakgelees het.

† Kersvader, Sinterklaas
Leer jou kinders Kersvader is “dood”, want Kersfees gaan nie oor die man met die wit baard in die rooi jas nie.

So sê die ChristianView Network in ’n verklaring waarin hulle kla dat miljoene rande dié feestyd eerder aan bemarking van Kersvader as Christus gaan.

’n Onderwyseres in Brittanje is onlangs afgedank nadat sy ongeveer dieselfde mening gelug het.
Die vrou het glo aan ’n klas sewejarige kinders by ’n laerskool in Manchester gesê Kersvader bestaan nie en dis hul ouers wat die geskenke onder die boom kom neersit.

Die kleintjies is in trane huis toe en die hoof moes skarrel om skriftelike verskonings uit te stuur. Sy het die werwingsagentskap gebel en die onderwyseres werk glo nie meer daar nie.

ChristianView Network het die afgelope week gesê mense hardloop soos malles deur die winkels om hul laaste Kersfees-inkopies te doen, pleks om in dié tyd aan Jesus te dink.

“Geldgedrewe koerante en winkels bemark die god Kersvader.
“Sommige wat hulle skaam vir die naam van ons Redder, gebruik Xmas eerder as Christmas.
“Ek sien uit na die dag wanneer, soos met die antieke Romeinse gode in Europa, Kersvader ook vergete en gediskrediteer is,” sê mnr. Philip Rosen- thal van die netwerk.

Volgens hom moet mense Christus in die feestyd “bemark” deur onder meer kaartjies met Christelike temas te koop en hul kinders te leer Kersvader is “dood”.

Intussen sê navorsers aan die Universiteit van Montreal in Kanada dit is nie sleg vir kinders om in die man met die rooi jas te glo nie, al voel sommige ouers hulle jok vir hul kinders.
“Wanneer hulle die waarheid hoor, aanvaar die kinders die reël van die speletjie en help hulle selfs hul ouers om die kleiner kindertjies in die mite te laat aanhou glo,” het prof. Serge Larivée van die universiteit aan EurekAlert! gesê.

“Dit word ’n oorgangsritueel waarmee hulle weet hulle is nie meer babas nie.”

Larivée en sy kollegas het na studies gekyk wat in 1896 en 1979 onder kinders tussen die ouderdom van 7 en 13 gedoen is. Sowat 46% en 44% van kinders het self uitgevind dat Kersvader nie bestaan nie. Meer as 22% het in 1896 erken hulle was teleurgesteld en 39% in 1979. Onderskeidelik 2% en 6% het gesê hulle het “verraai” gevoel. Larivée het gesê kinders se geloof in Kersvader taan namate hulle die vermoë ontwikkel om te redeneer. Hulle besef dit is onmoontlik vir Kersvader om deur die skoorsteen te pas en dat hy beslis nie oral gelyk kan wees nie.

In 1896 het 54% van die ouers gesê hulle ondersteun die Kersvader-mite omdat dit hul kinders gelukkig maak, teenoor 73% in 1979 en 80% in 2000. In 1979 het ouers in 40% van gevalle die nuus aan kinders gebreek dat hy nie bestaan nie, teenoor 25% in 1896.

Larivée het gesê hy het nou die volgende vraag: As kinders dieselfde bomenslike magte met Kersvader assosieer as met God, hoekom hou hulle op om in Kersvader te glo, maar nie in God nie?
Gaan lees nou ook hierdie posting wat ek op 'n ander blog (die van 'n ene Sonkind) raakgelees het ...dit maak dit net soveel makliker om jou kinders die waarheid oor Kersvader te leer.

Friday 12 December 2008

2008 op sy rug

Ek weet, dit klink soos ‘n cliché … maar ek kan nie glo die jaar is al so ver gevorder nie. Met 2008 wat so te sê op sy rug lê, is dit dalk tyd om so ‘n bietjie retrospeksie oor die afgelope elf en ‘n half maande te doen.

Werk-dinge
2008 het met ‘n bang begin. Kyk, DEAT se Annual Review was geen grap nie en het my baie lank besig gehou en ook nie sonder baie struikelblokke nie. Die blote gedagte aan die hele projek maak my sommer naar – dit is verseker nie iets wat ek ooit weer wil doen nie. Maar dit was tog ‘n goeie leerskool.

Niks kon my egter voorberei vir dit wat daarop gevolg het nie. Die CEO roep my en sê ek kan nie meer vir daar werk nie (sy kan my nie meer bekostig nie). Wat ‘n skok! Ek is werkloos! En so sit ek vir vyf weke lank werkloos by die huis en leer ek die ware betekenis van trail and tribulation.

Deur die genade begin ek toe weer vroeg in Julie in ‘n nuwe pos – wat teen die tyd lankal nie meer so nuut is nie. ‘n Pos waaroor ek verseker nie kan kla nie en wat my oë oopgemaak het vir ‘n klomp dinge. ‘n Pos wat my in sekere opsigte bang maak – maar nie omdat ek voel ek is nie opgewasse daarvoor nie, maar dalk eerder die teendeel… Gelukkig bied dit my die geleentheid om dit wat ek baie graag wil doen, so on the side ‘n kans te gee.

Die nuwe jaar wink reeds met nuwe moontlikhede, maar dit sal ek hanteer wanneer dit kom.

Emosies
Ek dink 2008 was my jaar van emosies. Goed en sleg. Nie net het my emosies kilometers ver op loop gegaan oor die dinge in my eie lewe nie, maar ook oor ander naby aan my s’n.

Die jaar het begin deur saam ‘n vriendin deur haar lang en uitgerekte egskeiding te veg; toe was daar drie naby vriendinne wat miskrame gehad het; nog ander met huweliksprobleme.

Die goeie emosies wat ek saam met ander gedeel het, was Anneke en Johan se troue, Lynda en Winston s’n, Hans en Sophia s’n en ook die van Andries en Natasha. Ek het gedeel in die vreugde van Burger en Nita se nuwe Nina en Wimpie en Corlien se Carli. Dan is daar ook nog ander swangerskappe en ek sien saam met daardie vriende uit na die geboorte van hul babas in die nuwe jaar.

In Mei is my wêreld geruk toe ek my werk verloor het – die emosies wat daarmee saamgaan, kan ek nie eers beskryf nie. En om die waarheid te sê, ek wil nie eers daaraan dink nie. Maar dit het my het karakter gebou. Net soos wat
Jakobus 1 sê dit sou doen.

Die hele werk-fiasko het my sterker gemaak as wat ek gedink het ek kan wees. En dit het my voorberei vir die volgende stel emosies wat my pad sou kruis. Daardie emosies wat ek ervaar het toe ek mense en dinge uit my lewe uit moes ban. Mense en dinge wat so ‘n belangrike deel van my aardse lewe uitgemaak het, maar wat my Hemelse Vader van my verwag het om agter te laat, omdat dit nie goed was vir my en my verhouding met Hom nie. Dit was so seer en moeilik en die emosies wat daarmee saamgegaan het, aaklig. Maar dit was ‘n moes. Nou is ek so dankbaar dat ek daardeur kon gaan. En vir die mens wat dit my gemaak het.

Geluk
So veg ek my pad oop deur die jaar met geen idee watse wonderlike lig daar aan die einde van die donker 2008-tonnel vir my wag nie. ‘n Lig wat my so gelukkig maak dat dit my oplig, die hoekies van my hart kom skoonwas, my siel kom verhelder en my kom herinner aan emosies waarvan ek al vergeet het.

Ek is gelukkiger as wat ek in ‘n baie, baie lang tyd in my lewe was. En ek is ongelooflik dankbaar daarvoor.

Dankbaar vir iemand in my lewe. Iemand wat my laat straal. Iemand wat my met nuwe oë na die lewe laat kyk. Iemand wat my ongelooflik gelukkig maak.

Les
Ek sien nou vreeslik baie uit na die jaar wat voorlê.
Ek sien uit na die moontlike veranderinge en geleenthede wat mag wink.
Ek sien uit na die nuwe emosies wat mag spruit.
Ek sien uit om elke stukkie geluk te pluk wat vir my beskore is.

Ek wens nie die laaste twee weke van die jaar verby nie, want ek sien uit na vakansie en Kerstyd saam met baie belangrike mense in my lewe. Maar ek sien uit na al hierdie dinge vir 2009 omdat ek gaan vashou aan die een groot les wat ek in 2008 geleer het.

Die les en hoop soos wat dit in Romeine 8:28 aan ons gegee is:
And we know that God causes everything to work together for the good of those who love God and are called according to his purpose for them.

Wednesday 10 December 2008

Geluk

Ek is so gelukkig!

En ek ervaar hierdie geluk van my presies hoe
Wikipedia dit omskryf:
Happiness is an emotion associated with feelings ranging from contentment and satisfaction to bliss and intense joy.

Ek glo vas dat geluk iets is wat uit jouself moet kom. Ek het altyd gesê dat niks of niemand jou gelukkig kan maak nie; jy kan alleenlik gelukkig wees as jy content en gelukkig met jouself is.

Vandag wil ek my ‘storie’ oor geluk ‘n bietjie verander. Ek dink dat iemand of iets jou wel kan gelukkig maak. Maar (en hier kom ek terug by my oorspronklike gedagtes oor geluk) net tot die mate waarin jy iets of iemand toelaat om jou gelukkig te maak. En ek dink jy kan slegs iemand toelaat om jou gelukkig(er) te maak as jy reeds gelukkig en content met jouself is .

Dus is ek bly en baie dankbaar dat ek so gelukkig en content in myself kan wees – en in so ‘n mate dat ek iemand anders kan toelaat om my selfs nog gelukkiger te maak.

Hierdie gedig deur
Aldo Kraas is ‘n goeie beskrywing van hoe ek my geluk ervaar:

Happiness
Happiness uplifts me
Happiness fills my heart, my mind, and my soul
Happiness gives me the strength I need
Happiness is a good feeling that enters my mind each day
Happiness takes my sadness away
Happiness fills my eyes with joy
Happines makes me excited and thrilled
Happines warms my heart and soul each day
Happiness gives me a sense of relief each day
Happiness welcomes me each morning when I get up
Happiness can be seen in my eyes

Dankie dat jy my gelukkig maak...!

Tuesday 9 December 2008

What’s Your Style?

Ek post vandag iets wat deur Victoria Osteen geskryf is.
Dis vir al die pragtige en stylvolle vroue in my lewe! Dis vir my ongelooflik mooi, veral die sin wat ek ge-bold het; dit is vir my so 'n mooi beskrywing van wat skoonheid is - en iets om na te streef.
What’s Your Style?
by Victoria Osteen

Have you ever taken one of those multiple-choice style quizzes in a magazine or online? It’s interesting how they can ask ten, or so, random little questions like, "What’s your favorite color?" or "Where did you last go on vacation?" and at the end, give you a surprisingly accurate synopsis of your personality and an overview of your fashion style. Somehow, it seems that in less than five minutes, they know more about you than your best friend! If only the other areas of our lives could be figured out so easily!

As women, we are born with an innate desire to express ourselves through our style. I can remember when I was a little girl, no one had to tell me to play in my mother’s makeup or jewelry; I just did it. It came naturally. I loved to put on her lipstick and necklaces. I felt so grown up and beautiful—even though that lipstick was anywhere on my face but my lips! No one ever had to tell me to pick out pretty dresses, and twirl around in them. And, as I grew up, no one had to tell me to love shopping, either!

It’s no secret. Most women do love to shop. Whether we buy anything or not, we can find satisfaction just in the experience. But, have you ever been shopping with a friend, trying to help them pick out clothes and they say, "Oh that’s not me." Or "That is so me!" Women naturally want to make sure their clothing style accurately reflects who they are. Have you ever noticed that men don’t talk like that when they buy clothes? In most cases, they aren’t saying things like, "That is so me!" or "I feel fabulous in this!" They are buying clothes first and foremost out of necessity, and either the item they see fits the bill, or it doesn’t. Women dress according to their mood and feelings, men dress according to the facts, what they need to wear that day. That’s why men will never understand when a woman stares at her closet full of clothes and exclaims, "I have nothing to wear!" What she’s really saying is, "I can’t find anything that I feel comfortable in today."

But have you ever thought that God created you that way for a purpose? Webster’s defines "style" as a distinctive manner of expression or behavior. Yes, we have our own fashion style in the natural, but did you know that we have a spiritual style, too? Just as you want to feel comfortable in your clothes in the natural, God wants you to feel comfortable in your spiritual clothes, too. He put something deep on the inside of you to recognize when you’re wearing something that just "isn’t you." For example, Isaiah 61 talks about wearing a garment of praise instead of a spirit of heaviness. The bible also talks about wearing a robe of righteousness and a garment of salvation. We should recognize that any time we are feeling weighted down by the pressures of life, anytime we start feeling like we don’t measure up, any time we feel overwhelmed we should take one look at our spiritual mirror, the Word of God, and say, "Oh that’s not me at all!"” We need to take off those old, dirty garments of self-defeating thoughts and put on garments of peace, righteousness, praise, and love.

I love what is says in I Peter 3:3-5. It says that as women, we shouldn’t just focus all of our efforts on our external appearance, but we should remember that our inward appearance, our heart, is our most important accessory. It tells us that we should focus on having a gentle and peaceful spirit, we shouldn’t be anxious or easily upset, but we should reflect the character and style of God. Peter’s basically saying, "Listen, I know you women love to dress up, but let’s keep things in perspective. Let’s follow the example of the faithful women of days gone by who took care of their external appearance and their internal appearance."

Remember, true beauty isn’t about what you look like, it’s the experience you leave with the people you encounter on a daily basis. Think about a beautiful song. You can’t see it, but yet it touches your inner being. In the same way, we should deposit good things into the lives of others. Do people leave your presence better off than they were before? The scripture tells us that when we bring Good News to others, even our feet are beautiful!

Make the choice today to allow the character and style of God to flow through you. Look for ways to do something beautiful in the lives of the people you encounter today. As you do, you’ll feel His garments cover your heart, and you will move forward in confidence knowing that His style is reflected in you.

Monday 8 December 2008

Nog oor Kersfees

Ek dink nie ‘n mens besef presies hoe sterk jy oor ‘n saak voel totdat jy in diepte na jou eie kommentaar oor die saak en die frekwensie daarvan gaan kyk nie.

Ek het verlede maand
hier oor die Kersfees-gees geskryf en genoem dat ek in Oktober 2006 ook daaroor geskryf het. Ek het die naweek bietjie in ‘n stokou joernaal gaan rondblaai en tot my eie verbasing, afgekom op iets af wat ek reeds in 1996 oor Kersfees en die goedkoop-making daarvan geskryf het.

Kersfees?
Flikkerende liggies versier elke venster
‘n Spesiale aanbod hier en ‘n winskopie daar
‘n Groen boom met rooi versierings
Jippie! Rede vir partytjie

Hy is vrolik – kon partytjie hou
Sy is opgewonde – het ‘n nuwe pop gekry
Maar wat van die familie?
‘n Onskuldige kind is na haar dood gestuur

Kan so ‘n ma nog glo?
Glo dat die Koningskind leef?
Deur Sy geboorte sterf haar kind
Of sal sy haar hierdeur kan versterk?

Waarom vier ons hierdie dag so skeef en krom?
Dit bring net pyn
En waar vrede moet wees, seer
Laat ons eerder jubel: “ere aan God...”

Friday 5 December 2008

Textlish

Sjoe, maar dit is omtrent vir my stryd om vrede te maak (en dit te lees!) met hierdie nuwe sms-taal. Ek lees nou net hoe ‘n tiener skryf oor hierdie taalgebruik en die volgende gedeelte het my heetemal uitgeboul:

"1 yng friend of rs recently sent us a hand-ritten thank-u note. we were thrilled at 1st but her spelling wuz awful b/c deres no spellcheck for pen and ppr. same ish w/ txting. ppl get uzd 2 slang and 4get the real words."

Dit maak my so hartseer. Die tiener sê:
“Textlish has even taken over in some schools, when it comes to kids writing exams! Apparently we use textlish and slang so often that we completely forget the real words.”

“Forget the real word”? Ag nee! Saam met die hartseer maak dit my so kwaad dat ‘n wrewel in my opwel en ek naar word as ek net daaraan dink! Dieselfde gebeur in Afrikaans. Ek kry juis vanoggend ‘n boodskap met woorde soos nu (nou), dun (doen) en uk (ook). En ek kan dit nie lees nie!

My wrewel gaan oor veel meer as my eie onkunde daarvan – dit gaan oor die verkragting van taal. En taal is iets wat my baie na aan die hart lê.

Eintlik moet ek nie verder hieroor skryf nie, want dit maak my net kwaad. Maar ek wil baie graag weet wat al my ‘taalmaatjies’ se opinies hieroor is– los dus asseblief vir my ‘n comment oor wat jy hiervan dink.

Ek weet dat wat nou hier volg 100% teenstrydig is met wat ek nou net gesê het, maar ek moet bieg dat ek die volgende wan-vertalings (blykbaar almal vanuit Japanees) baie snaaks vind:




Thursday 4 December 2008

Love, soul mates and letting go

Ek is steeds (!) besig om Elizabeth Gilbert se Eat, Pray, Love te lees. Ek vorder heelwat stadiger as wat ek gewoonlik lees - vir die blote feit dat ek min tyd aan lees spandeer deesdae…

Maar hoe verder ek lees, hoe meer waarhede val my op. Ek het reeds in
Hoe bedaar storms? na van die waarhede verwys en ook in my kommentaar op Weekends. Ek vermoed daar gaan nog baie verwysings na die waardhede wees wat in die volgende 192 bladsye gaan uitkom.

Soos die onderstaande paragraaf op bl 157:
Big deal. So you fell in love with someone. Don’t you see what happened? This guy touched a place in your heart deeper than you though you were able to reach, I mean you got zapped, Kiddo. But that love you felt, that’s just the beginning. You just got a taste of love. That’s just limited little rinky-dink mortal love. Heck, Groceries – you have the capacity to someday love the whole world. It’s your destiny.”

Hoe waar is dit nie net nie? Mens kom uit ‘n verhouding en ervaar soveel pyn en dink dat jy nooit oor daardie pyn gaan kom nie, want jy het nog nooit so lief gehad nie. Maar dan staan jy een oggend op en jy kan dit nie meer onthou nie – jy weet dit was daar; jy weet dat die liefde baie goed gevoel het; en jy weet die seer was baie seer. Maar presies hoe dit op daardie oomblik gevoel het, kan jy nie eintlik meer onthou nie. En dit maak regtig nie meer saak nie.

Dan begin jy opgewonde uitsien na die volgende liefde – want jy weet jy kan nog soveel liewer wees as wat jy gedink het menslik moontlik is. Jy kan nie wag om dit vir die persoon te gee wat jou liefde waardig is nie.

Later, op dieselfde bladsy, sê Liz vir Richard dat David haar soul mate was, waarop hy haar antwoord met wat hy dink ‘n soul mate is – ek hou baie van hierdie gedeelte van sy verduideliking:

“Your problem is you don’t know understand what that word means. People think a soul mate is your perfect fit, and that’s what everyone wants. But a true soul mate is a mirror, the person who shows you everything that’s holding you back, the person who brings you to your attention so you can change your life. A true soul mate is probably the most important person you’ll ever meet, because they tear down your walls and smack you awake.”

Dan gaan Liz weer aan oor hoe lief sy vir David is en hoeveel sy hom mis en sê Richard vir haar iets waarmee ek kan identifiseer en waarvan ek kan getuig.

Ek kan hiermee identifieer, omdat dit (ongelukkig) net sowel van my karakter gesê kon word:
“So miss him. Send him love and light every time you think about him, and then drop it. You’re just afraid to let go of the last bits of David because then you’ll be alone, and Liz Gilbert is scared to death of what will happen if she’s really alone.”

Maar van die volgende gedeelte kan ek met blydskap getuig, want dit is presies wat met my gebeur het toe ek ‘laat gaan’ het:
“But here’s what you gotta understand, Groceries. If you clear out all that space in your mind that you’re using right now to obsess about this guy, you’ll have a vacuum there, an open spot – a doorway. And guess what the universe will do with that doorway? It will rush in – God will rush in – and fill you with more than you ever dreamed.”

Sover is hierdie die mooiste hoofstuk van die boek vir my. Al lees jy nie die hele boek nie, doen moeite en lees hoofstuk 48 (ek vermoed daar gaan dalk nog hoofstukke kom waarvan ek dit gaan sê.)

Wednesday 3 December 2008

Beautiful woorde

Na ek vir ‘n baie lang tyd nooit eers aan hierdie lied gedink het nie, hoor ek dit toe sommer drie keer van Sondag tot Dinsdag toe. Twee keer op verskillende CDs en een keer op RSG. Twee keer was dit Theuns Jordaan se weergawe en een keer die skrywer van die lied, Gert Volk Nel, s’n.

Ek deel dit graag omdat dit een van my gunsteling Afrikaanse liedjies bly. En ek hoop dat dit jou ook sal laat ronddelf tussen byna-vergete CDs na woorde wat jou eens op ‘n tyd bekoor het.

Hier is Beautiful in Beaufort-Wes se beautiful woorde:

En jy was beautiful in Beaufort-Wes
en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
en jy het op grafte en op treine
en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
en nou is jy en jou man both computer analysts
en laas winter you tried to slit your wrists
en nou kan jy nie meer slaap nie,
nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie,
nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi mooi mooi was jou woorde ook
terwyl jy menthol sigarette rook
en daai sweet sweet dinge vir my sê
terwyl jy sweet sweet in my arms lê
en die presiese woorde het ek presies vergeet
ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
en jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets vir mekaar doen nie
nooit ooit weer vir mekaar soen nie

En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot,
maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
en in die rear view mirror jou gesig gekyk
en gesê 'miskien moet ek gelukkiger lyk'
daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
en soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer iets ooit reg doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

En die laaste herinnering waaroor ek sing
is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
tot anderkant die ding dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
en dit was my wake-up call my lief
jy't gesê wees asseblief lief vir my
maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer so iets doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

Tuesday 2 December 2008

To blog or not to blog ... ?

Ek het pas 'n artikel oor blogging in Suid-Afrika gelees; dit is geskryf na aanleiding van 'n opname wat onder Suid-Afrikaanse bloggers gedoen is.
Dit was vir my interessant om na die verskillende kategorieë te kyk en hoe ek met die uitslag van die opname identifiseer of nie. Ek dink elkeen wat hul hand aan blogging slaan, sal dit interessant vind. Die volledige resultate van die opname is hier beskikbaar.

Venus, die maan en Jupiter

Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
in werklikheid ry hy mos met 'n slee
maar hier stap hy deur die mielies,
met 'n streepsak en 'n kierie
en my boetie vra, 'boer hy by clocolan?'

Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
kyk hoe glinster die maan


Gisteraand het hierdie woorde, veral die laaste reël, in my kop bly draai. Elkeen wat gisteraand die maan gesien het sal verstaan waarom.

Vroegaand, nog voor dit heeltemal donker was, lê die maan in ‘n perfekte lyn met ‘n ster aan elke kant. Ek het my verkyk aan hierdie gesig en gewens dat my eenvoudige kamera dit kon vasvang.

Kort-kort deur die loop van die aand (elke halfuur of so) is ek na buite om te kyk en elke keer opnuut verwonderd. Later het die een ster na onder geskuif en die lyn het in ‘n driehoek verander.

Gisteraand se gesig word beskryf as ‘n rare astronomical event where the moon is flanked by Venus and Jupiter (lees ook
hier verder). Ek gee nie regtig om wat die rede hiervoor was nie. Vir my was dit ‘n lieflike gesig wat my God in die hemelruim geplaas het om ons aan sy grootheid te herinner.

Net na nege is ek weer buitentoe, maar dit was effe bewolk en daar was net ‘n dowwe kol waar die maan vroeër gepryk het. Maar in my verbeelding kon ek steeds sien hoe glinster die maan.

Hierdie ongelooflik mooi foto was vanoggend op News24:


Monday 1 December 2008

August Rush


Laat in 2007 sien ek ‘n voorprent vir August Rush … die trane loop sommer in die voorprent al en ek weet, hierdie is 'n must see. Kort na die prent in Suid-Afrika vrygestel is, stap ek op 'n Sondagmiddag met dik-gehuilde oë by die fliek uit.

Die fliek met Freddie Highmore, Keri Russell, Johnathan Rhys Meyers en Robin Williams is wel onrealisties en hoogs onwaarskynlik in die meeste opsigte, maar dit is immers ‘n fliek en in hierdie geval wil ek dit ‘n moderne sprokie noem.

Evan Taylor bly in 'n weeshuis, maar is oortuig dat sy ouers leef. Hy hoor musiek in alles rondom hom en glo dat sy ouers daardeur met hom kommunikeer en na hom soek.

Die kyker word dan teruggeneem na gebeure wat wys hoe Evan se ma, Lyla Novacek, 'n bekende konserttjellis en sy pa, Louis Connelly, 'n kitaarspeler en voorsanger van 'n rock-groep een nag saam spandeer en mekaar daarna nooit weer gesien nie. Lyla is dan in ‘n ongeluk en haar pa laat haar glo dat haar baba gesterf het.

Even loop weg van die weeshuis af – hy 'volg die musiek' opsoek na sy ouers – en bevind hom in New York waar hy as straatmusikant optree. 'n Reeks gebeure lei daartoe dat hy by Juliard School ingeskryf word as August Rush. Een van sy komposies lewer opslae onder die skoolbestuur en daar word besluit dat dit deur die New York filharmoniese orkes in Central Park opgevoer sal word – en hy self die dirigent sal wees. Maar dinge verloop nie glad in die oploop na die konsert toe nie.

Ek wil darem nie die hele fliek weggee vir die wat dit nog nie gesien het. Maar doen jouself 'n guns en kyk dit. Soos ek gesê het, het die storielyn al die elemente van ‘n sprokie en die musiek is fenominaal.

Die afelope naweek het ek dit weer gekyk. En weereens was ek baie beïndruk. Soveel dat ek so ver wil gaan om te sê dit is my gunsteling fliek van die afgelope jaar.

In hierdie tyd van die jaar wat almal so moeg en afgemat uitsien na ‘n ruskansie, het hierdie fliek my weereens siel gevoed.

Thursday 27 November 2008

As mense weggaan

…spesiaal vir Hester

Lank gelede het ek
geskryf oor mense wat weg is uit my lewe. Ek het geskryf oor ‘n klomp verskillende redes hoekom mense nie meer deel van my lewe is nie en vandag kan ek nog ‘n paar redes daarby voeg.

Maar vandag gaan nie oor my en die mense wat nie meer in my lewe is nie, want my hart gaan uit na jou uit wie se lewe daar vandag baie spesiale mense weggaan.

Dis so ongelooflik moeilik as jy gewoond is daaraan dat hulle bloot net altyd daar is – ‘n telefoonoproep en ‘n kort rit ver. Ek kan vir jou sê dat alles OK gaan wees – want alles gaan OK wees. Maar ek kan nie vir jou sê dat jy hulle nie gaan mis nie – want jy hulle mis gaan.

Daar is egter ‘n band tussen julle – die band van Christus se liefde – wat nooit gebreek kan word nie. Nie eers oor kontinente heen nie. Mag jy in die tyd wat voorlê die ware krag van hierdie band ontdek en mag die omvang daarvan jou innerlik versterk.

Ek bid vir hulle wat gaan: seën en ‘n blink toekoms vol geleenthede.
Ek bid vir jou wat bly: vrede en rustigheid.

quote

Ek deel graag hierdie aanhaling waarop ek gisternag afgekom het:
Faith isn’t faith until it is all you hang onto
(Ek kon nêrens uitvind wie dit oorspronklik gesê het nie.)

Wednesday 26 November 2008

Thanksgiving

What I want instead is your true thanks to God – Psalm 50:14 (NLT)

Ek moet erken dat ek nie noodwendig altyd goeie goed oor die Amerikaners te sê het nie. Maar as daar een ding is wat ons by hulle kan leer, is dit hul Danksegging-tradisie. Ek het wyd gelees na die oorsprong daarvan, maar te veel verskillende weergawes daarvan gekry en besluit om dit eerder hier uit te laat. En ek reken die oorsprong is in elk geval nie die belangrike aspek nie.

Ek hou van die idee om 'n dag af te sonder om dankie te sê vir die jaar wat verby is – soos wat die Amerikaners elke jaar op die vierde Donderdag van November doen. Vanjaar vind dit more, op 27 November, plaas.

As ek terugkyk op 'n jaar wat in baie opsigte seker die moeilikste ooit was, is daar steeds so baie waarvoor ek dankbaar is.

Ek is dankbaar vir my familie en vriende. Ek is dankbaar dat dit goed gaan met almal. En ek is veral dankbaar dat hulle in my lewe is – vir hul ondersteuning en liefde elke dag en in elke situasie.

Ek is dankbaar vir my werk. Nooit weer sal ek aanvaar dat 'n werk iets is wat ‘n mens bloot net het nie. Die feit dat ek vir ‘n tyd lank daarsonder was, het my geleer om met nuwe oë daarna te kyk. Ek is opnuut dankbaar vir elke bord kos wat ek het om te eet en dat ek nog nooit honger gaan slaap het nie. Ek is opnuut dankbaar vir die dak oor my kop en bed waarin ek slaap. Ek is opnuut dankbaar dat ek ‘n kar het en nie hoef te loop of te sukkel met ‘n bus of taxi nie.

Ek is dankbaar vir my persoonlike groei as mens. Ek is dankbaar dat ek in elke situasie iets kan leer en heel aan die ander kant kan uitkom. Ek is dankbaar vir elke stukkie genade en krag wat my hier gekry het.

As ek dus terugkyk is daar so ongelooflik baie waarvoor ek kan dankbaar wees. Ten spyte van alles wat gebeur het ... of dalk juis as gevolg daarvan.

En dit is alles net die dankbaarheid wat oor myself gaan. As ek iets moes weergee van die goed waarvoor ek vir my vriende dankbaar is (oor die dinge wat hierdie jaar met hulle gebeur het) sal ek baie bladsye vol skryf.

Ek wil met hierdie dogtertjie saamstem dat daar baie meer is om voor dankbaar te wees as wat ons in een dag eers aan kan dink.
As jy gaan delf in die herinneringe van die afgelope jaar, sal jy verbaas wees hoeveel jy het om oor dankbaar te wees. Ek daag jou uit om ten minste een ding waarvoor jy dankbaar is van 2008 in die openbaar uit te basuin – skryf dit hier as ‘n comment, sodat ander in jou dankbaarheid kan deel. En sê dan more spesiaal nog 'n keer dankie daarvoor - ek sal saam met jou dankie sê daarvoor.
Dankie vir 2008 en elkeen wat saam met my daarin gedeel het.

A thankful heart is not only the greatest virtue, but the parent of all other virtues - Cicero

Sunday 23 November 2008

Weekends

What are weekends made of?

Weekends are made of pink cocktails with decorative cherries and umbrellas.
Weekends are made of lazy afternoons spent reading, sleeping, meditating.
Weekends are made of fancy dress parties with props and champagne.
Weekends are made of Holy Communion, praying, worshiping.
Weekends are made of James Bond movies, which are not so James Bondish after all.

Well, this is almost what weekends are made of.
For these are simply the activities that fill up weekends.

Weekends are made of the people who share in these activities.

Friday 21 November 2008

Kersfees-gees

Oor vyf weke is dit Kersfees!

Elke jaar sukkel ek om in die Kersfees-gees te kom. In teendeel,
soos ek lankal reeds gesê het, raak ek eerder geïrriteerd met hoe die mensdom dit gebruik om hul eie sakke te vul. Ek raak vies vir mense wat skarrel om groter en beter geskenke as die vorige jaar te koop en in die proses skuld maak om dit te kan doen (veral in die huidige ekonomiese omstandighede).

Van Oktober af is dit oral en ek wonder hoeveel mense wat Kersfees so uitbuit en uitgebuit word daardeur, regtig besef waaroor dit gaan? En wanneer Kersfees dan kom, is ons al so ‘moeg’ daarvoor, dat dit eintlik net glad nie saak maak nie. Dit maak my altyd so hartseer.

Maar hierdie jaar is dit egter vir my anders. Ek bly uit die winkels uit waar ek nie die Kers-aanbiedinge en goedkoop versiering kan sien nie. En dit is die beste ding wat ek vir myself kan doen.

Ek kyk na binne en besef hoeveel ek het om voor dankbaar te wees – selfs na die riller van ‘n jaar wat ek gehad het. En skielik maak die jaar wat verby is regtig nie meer saak nie, want ek kyk met nuwe oë na Kersfees.

Ek begin nou reeds die wonder daarvan indrink by elke moontlike geleentheid.
Ek begin nou reeds die vrede daarvan ervaar na ‘n baie moeilike jaar.
Ek begin nou reeds die seën van Kersfees vir my geliefdes toebid.
En ek spandeer nou soveel tyd moontlik saam hulle omdat dit vir my ‘n Kersfees sonder hulle gaan wees.

Toe ek myself gisteroggend kry, haal ek my
Christmas Heart of Worship CD uit en luister dit in die kar - ek dink dit was die eerste keer wat ek daarna geluister het na ek dit reeds ‘n paar jaar gelede gekoop het. En vanoggend bly die lied Somer-Kersfees in my gedagtes (in my Google-soektog na die lirieke kom ek toe op my eie verwysing daarna af).

Hierdie bly vir my so ‘n spesiale lied, omdat dit ‘n Kersgebed is vir die land waarin ons bly:

Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Skielik sien ek baie uit na volgende week se Kers-sangdiens.

Ek het lank gesoek na ‘n gepaste prent om saam hierdie skrywe te post – wel, om eerlik te wees weet ek nie presies waarna ek gesoek het nie – maar die meeste wat jy kry is net Kersbome, -versierings, -liggies en selfs advertensies om die Kers-winskope uit te bassuin. Ek kon ongelukkig niks kry wat vir my die ware vrede en gees van Kersfees weerspieël nie.
Mag jy nou reeds die vrede van Kersfees ervaar in hierdie tyd wat ons almal so jaag om alles te doen wat gedoen moet word voor die jaar heeltemal onder on uit hardloop.

Thursday 20 November 2008

Small treasures

Ek het op twee blogs afgekom wat vir my soos small treasures is en wat my elke dag ‘n geleentheid gee om op ‘n eenvoudige, maar kreatiewe manier ‘n sin of twee uit my kop te probeer ruk.

Die een is
The One-Minute Writer waar C.Beth (die skrywer van die blog) elke dag ‘n ‘Writing Prompt’ gee waaroor jy dan vir een minuut lank moet skryf, sy gee jou die opsie om dit as comments op haar blog te doen. Ek het dit ‘n keer of wat as comments gedoen, maar al skryf ek nie noodwendig elke dag daaroor nie, laat dit my oor ‘n onderwerp dink – en dit inspireer my soms tot meer as net een minute se skrywe.

Gister se ‘Writing Promt’ was: Listen. Write about what you hear, right now. En hier is my een minuut daaroor:
I hear people talking in the corridor; discussing projects. I hear telephones ringing and wonder why nobody picks it up. I hear the sound of the air conditioner – as if a humming from a distance. Now I hear my Director coming down the corridor and know he will be putting some work on my desk in a moment's time.

Wat ek geniet van hierdie one-minute writings is dat ek net skryf wat in my kop kom – ek gaan nie eers na die tyd terug om dit te redigeer nie.

En om C.Beth aan te haal: You have 1 440 minutes a day. Use one of them writing. Ek glo dat geen minuut waarin jy geskryf het, gemors is nie.

Die ander blog wat ek baie geniet is
What could it mean? Die skrywer van die blog verduidelik dit soos volg: A new word game involving Word Verification words and what they might mean. Is anyone tired of those word verifications required for posting comments? Why not play a fun game where you get to define the possible meaning of those words and use them in a sentence of your own creation?

Hierdie laat my baie dink aan ‘n bordspeletjie wat ek gereeld saam Universiteits-vriende gespeel het, naamlik
Balderdash. Ons het so baie pret daarmee gehad, dat ek dit nie kan weerstaan om elke dag hierdie speletjie te speel nie.

Gister s'n was:

Soos met C.Beth se one-minute writings, kan jy dit ook as comments skryf. Hier is ‘n voorbeeld van iemand s’n:
podivas [plural noun PO-DEE-vuz]: Sarcastic label given to women who expect special treatment and who like to complain.
Janell and Jasmine come into work 30 minutes late and then complain that the coffee is cold--AWW, what a couple of podivas!

Hier is myne:
Povidas [verb]: A type of handwork, using a needle and leaves.
The native women were giving a povidas demonstration to the tourists.

Probeer gerus beide hierdie ‘speletjies’. Hierdie daaglikse oefeninge is vir my ‘n lekker manier om my ‘kop aan die gang te kry’ vir die dag – byna dieselfde uitwerking wat ‘n soduko puzzle op my het. Geniet dit!

Tuesday 18 November 2008

Wat definieer my?

Verlede week stel ek myself skertsend aan iemand voor met die woorde: Ek is Annelie en ek is ‘n staatsdiensamptenaar. ‘n Vriendin vererg haar toe sommer vir my, want, sê sy, dis nie wat my definieer nie.

So begin ek wonder wat is dit wat ‘n mens definieer? Wat is dit wat my definieer?

Maar voor ek daarby uitkom, wil die linguis in my eers ‘n definisie gaan soek… Ek kry ‘n paar verklarings vir define, maar die een wat hier vir my van toepassing is, is
state or describe the exact nature or scope of.

Dus, vra ek myself what describes the exact nature or scope of me? (Beslis nie staatsdiensamptenaar nie! Dit is bloot iets wat ek doen om my rekeninge te betaal.)

Onwillekeurig dink ek: ‘n Mens word geken aan jou vriende geken. Dus kan ‘n mens seker ook sê jy word geken aan dit wat jou na aan die hart lê en die dinge waaraan jy jou tyd spandeer.

Ek spandeer my tyd saam met mense. Mense wat vir my kosbaar is. Mense vir wie ek lief is en wat vir my lief is. Mense wat ek my vriende en familie noem. Mense met wie ek tot laataand toe kan gesels oor alles – of oor niks. Mense met wie ek my vreugdes en hartseer kan deel. Mense saam met wie ek goeie rooiwyn kan geniet.

Ek spandeer my tyd om kreatiewe dinge te doen wat my sintuie stimuleer. Ek hou daarvan om ‘n canvass in te kleur met dik lae olieverf en ek hou van die reuk waarmee dit my huis vul. Ek hou daarvan om krale in te ryg, die vrede waarmee die kleurkombinasies my vul en die tekstuur van verskillende tipes op my vingerpunte.

Ek spandeer my tyd in die geselskap die geskrewe woord. Ek hou daarvan om woorde te lees: fiksie, geskiedenis en biografieë – dit laat my vir ‘n oomblik uit my eie wêreld ontsnap. Ek hou daarvan om woorde te redigeer en te laat sin maak. Maar om woorde te skryf, maak my gelukkig – om ‘n stukkie van myself, my lewe, my gedagtes en my opinies (en verbeeldingswêreld) te deel. (Terloops, woorde is ook wat my salaris betaal.)

Dan is daar ook Die Woord waarmee ek my tyd spandeer en probeer agterkom wat dit is wat ek moet doen en waar ek moet wees in die lewe. Dis ook hier waar ek my troos en my hoop vind.

Ek dink mens word verder gedefinieer deur dit wat jou gelukkig of kwaad of bang of hartseer maak. Ek is byvoorbeeld gelukkig as ek iets vir die mense om my kan doen. En ek raak kwaad wanneer kinders ‘n onreg aangedoen word – in watter vorm ookal.

Dalk moet ‘n mens ook na karaktereienskappe kyk as jy wil weet wat iemand definieer, maar vir nou gaan ek nie daar delf nie. Ek gaan myself bloot voorstel as: Ek is Annelie, ek hou van mense, kreatiewe dinge en woorde.

Monday 17 November 2008

Henry Poole

Saterdagaand het ek Henry Poole is here gekyk.

Oor die algemeen dink ek dis ‘n uitstekende fliek. Ek het dit gelove omdat ek van flieks hou wat my aan die dink sit. (My enigste kritiek is dat George Lopez nie heeltemal vir my werk as priester nie, maar gelukkig gaan die fliek oor baie meer as net hom.)

‘n Sin wat my opgeval het, was: Sometimes you have to be sad to remind yourself that you are alive. En dit is waaroor ek aanvanklik wou skryf. Maar aan die einde van die fliek was daar soveel ander gedagtes in my kop, dat ek maar gaan begin waar ek wou en kyk waar dit eindig.

Terug by: Sometimes you have to be sad to remind yourself that you are alive. Wat ‘n wonderlike troos is dit nie net nie. Dat dit OK is om soms hartseer te wees. Mens raak tog hartseer oor dinge wat jou na aan die hart lê. As jy hartseer is, beteken dit jy moes eers baie bly oor iets gewees het, of baie lief daarvoor.

As jy na hartseer kyk is dit bloot ‘n emosie soos liefde, gelukkig wees, kwaad, teleurstelling, bly wees. En solank as wat jy emosie in enige van sy vorme ervaar, is dit OK, want dan weet jy dat LEEF. Hartseer is sekerlik nie die lekkerste emosie wat jy kan ervaar nie, maar dis emosie. En emosie is goed. Dis lewend. Ek dink daardie moment wat jy geen emosie meer ervaar nie, is wanneer jou wese doodgaan, wanneer jou siel nie meer wil nie.

En skielik weet ek dis OK. Ek mag maar soms hartseer wees (of enige ander emosie ervaar). Met elke emosie wat ek ervaar, weet ek dat ek nie net lewend is nie, maar ek leef!

Dan is daar ook die tema van hoop. Henry Poole is kwaad vir mense wat glo hulle sien “Christus se gesig” teen sy huis se muur. Hy is kwaad vir die desperaatheid waarmee mense aan die muur kom vat in die hoop om gesond te word. Ek weet nie of hulle daarheen gegaan het omdat hul geloof so groot was dat hulle glo dit kan hul werklik genees nie, en of dit meer ‘n hoop was nie. (Alhoewel geloof en hoop hand aan hand loop, is daar vir my ‘n wêreld se verskil tussen die twee.) Op ‘n stadium skree Henry Poole vir die mense: hope can’t save you! Maar op die ou end was dit tog wat hom gered het.

Die fliek het soveel ander gedagtes ook in my kop gesit, maar daarmee wil ek nog ‘n dag of twee loop en dit oordink. Miskien moet ek oor ‘n week of so selfs weer die fliek kyk, nog ‘n bietjie daaroor dink en dan besluit of ek nog iets daaroor wil sê.

Friday 14 November 2008

Hoe bedaar storms?

Vir ‘n paar uur na my posting hieronder van gisteraand, het die onrustigheid in my eerder toegeneem as afgeneem. Die storms wat in my woed eerder erger geraak as bedaar. Eindelik gaan klim ek toe maar vroeg met ‘n boek in die bed.

Ek lees Elizabeth Gilbert se
Eat, Pray, Love met ‘n heelgepaste subtitel: One Woman's Search for Everything Across Italy, India and Indonesia. Ek verstom my oor haar onrustigheid en hoe sy dit uit haar wese ban – en dink dat ek dalk ‘n paar van haar ‘metodes’ moet probeer.

Dan slaan die donderweer skielik hier vlak langs my venster. En ek vang myself dat ek die boek neergesit het en so by myself lê en glimlag. My eerste gedagte is: My God is in beheer. En soos die knip van ‘n oog is ek rustig en die storms in my stil.

Ek weet daardie donderslag was spesiaal vir my, om my te herinner aan dit waaraan ek gisteraand herinner moes word. Dat ek nie 'n aardse skrywer, wat oor kontinente heen gesoek het, se ‘metodes’ hoef te volg nie. Die engiste metode is die van die Groot Skrywer. Die Skrywer van mensverhaal. Die Skrywer van die wêreld se storie.

Minder as twee weke gelede het ek dit hier
uitbasuin wat die donderweer vir my bevestig. En gisteraand kon ek met ‘n rusitigheid in my hart gaan slaap, want ek is aan daardie bevestiging herinner.

Thursday 13 November 2008

Verskonings, verskonings...

Ek voel soos die slegste vriendin in die geskiedenis van die mensdom.
Ek wil niemand sien nie en ek wil niks doen nie.
Behalwe miskien om myself in my huis toe te sluit en so bietjie jammer te kry.

En ek gee einde van die jaar sindroom die skuld.
Of eerder: einde van die ergste jaar ooit sindroom.

Ek weet, dis seker nie ‘n verskoning nie.

Maar na ‘n jaar soos die een wat ek gehad het, mag ek myself seker bietjie jammer kry, of hoe?
Die jaar waarin ek my werk verloor het.
Die jaar waarin ek my beste vriend verloor het.
Die jaar waarin drie van my vriendinne elk 'n miskraam gehad het.
Die jaar waarin soveel verhoudings en huwelike verbrokkel het.
En dan nog soveel ander dinge wat nou klein lyk.

As ek terugkyk het daar goeie dinge ook gebeur het en het daar goeie dinge uit die slegtes gekom.
En ek is dankbaar daarvoor.

Maar vir nou, kry ek myself jammer en gee ek einde van die jaar sindroom die skuld.
Beslis nie die beste verskoning ooit nie, maar nou dat ek dit het, gebruik ek dit.

Monday 3 November 2008

Die klank van die weer

Elkeen wat al hier gelees het, sal weet watse struwelinge ek al gehad met die konsep van kreatiwiteit. Waar dit vandaan moet kom, hoe om dit te ontgin en hoe om dit uit te leef. So gereeld wil ek net iets skilder of skryf – die wil om dit te doen is daar, maar ‘n kreatiewe onderwerp bestaan nie eers vaagweg nie... dus dwing ek myself nou om die oomblik wat ‘n gedagte by my opkom, dit onmiddellik neer te skryf. Nie noodwendig die eindproduk daar en dan te produseer nie, maar ten minste die gedagte neer te skryf en ‘n paar notas daaroor te maak, because no idea should ever escape.

Ek staan toe maar teen 2:38 Sondagoggend op om my gedagtes neer te skryf, want sien, dis nou al die tweede nag hierdie week wat ek lê en dink dat mense altyd sê hulle slaap so lekker as dit reën. Maar nie ek nie. Ek lê met ‘n vreemdsoortige opgewondenheid en luister na die wonder daarvan.

Dis vir my ongelooflik ervaring wanneer ‘n mens wakker word met die gewaarwording van donderweer wat ver weg klink; jy kan hoor hoe dit nader kom en dan begin die stortreën.

Ek kan my verluister aan die klank van donderweer. Dit is so kragtig. Maar met balans. Dit vul my met ‘n heilige vrees sonder om my menslik bang te maak. Dit is ‘n bevestiging van wat ek glo. Daardie fyn lyn tussen vrees vir die Almagtige en wat Hy kan doen en aan die ander kant ‘n troos wat jou op jou gemak laat voel – so asof Hy sê: Hoor jy dit? Ek is in beheer.

Ek hoor hoe die donderweer sagter raak soos dit koers kies op sy reis en dis die sagte reën wat oorbly. Soos ‘n troostende hoop. Weer sien ek dit as ‘n bevestiging van wat ek glo. Die donderweer as die kragtige werking van God, die sagte reën as die troostende werking van die Gees wat jou herinner aan sy immer-teenwoordigheid.

Wanneer die reën later ophou, raak ek bewus van ‘n intense stilte. ‘n Intense teenwoordigheid. En ek weet dat wanneer die son opkom, die aarde nuutgemaak en skoongewas gaan pryk. En weer sien ek dit as ‘n bevestiging van wat ek glo.

Ek kyk later op my horlosie – dit is 3:16. Ek dink onwillekeurig aan Johannes 3:16 en die rede waarom God sy Seun gestuur het – Sy liefde vir ons. En dink dit is ook die rede waarom Hy die donderweer en reën stuur; om ons te herinner aan daardie liefde vir ons en hoe dit ons nuutmaak en skoonwas.

Weer wonder ek hoe mense kan sê hulle slaap so lekker as dit reën, terwyl ek opgewonde lê en luister na die klank van die elemente. Maar ek weet dat ek nou baie lekker gaan slaap, want alles wat ek glo is pas vir my bevestig.

nuwe prente

Ek het onlangs weer begin paint ... hier is 'n paar van my nuwe "prente".



Saturday 11 October 2008

Veertig dae en veertig nagte

Veertig dae en veertig nagte reën dit rondom my.
Vir veertig dae en veertig nagte is ek vasgevang in die ark.
Vir veertig dae en veertig nagte word ek op my knieë gedwing.
Na veertig dae en veertig nagte van beproewing raak dit stil rondom my.

Na veertig dae en veertig nagte waag ek dit buite.
Na veertig dae en veertig nagte sien ek weer die son en blou lug.
Ek wag vir die water om te sak.
Ek wag die duif om met ‘n olyftak terug te kom.

Na veertig dae en veertig nagte bou ek ‘n altaar van dankbaarheid.
Dankbaarheid teenoor my God wat my teen die vloedwater beskerm het.
Dankbaarheid teenoor elkeen wat my vir veertig dae en veertig nagte in gebed gedra het.

Na veertig dae en veertig nagte staan ek in verwagting op ‘n reënboog in die lug.
Die reënboog wat die lug verkleur tot ‘n aanskoulikheid.
Die reënboog wat belofte bring.
‘n Belofte van ‘n nuwe seisoen en die nuwe lewe wat gaan spruit.