Friday 27 October 2006

Noem mens dit nog Kersfees?

Wanneer en hoe en hoekom het Kersfees so gekommersialiseerd geraak? Hoekom is die winkelsentrums reeds van vroeg in Oktober af vol Kersversierings en weerklink Kersliedere in ons ore? Hoekom het dit net manier geword om winsvlakke te verhoog? 'n Rede om toe te gee aan die begeerte om sekere materiele goed te besit? Die verskoning vir magdom partytjies waartydens daar heeltemal te veel geëet en gedrink word?

Wat het geword van die ware gees van Kersfees? Die vrede en vreugde van die grootste geskenk ooit - wat niks te doen het met 'n boom vol liggies of winskope nie?

No comments:

Post a Comment