Friday 5 December 2008

Textlish

Sjoe, maar dit is omtrent vir my stryd om vrede te maak (en dit te lees!) met hierdie nuwe sms-taal. Ek lees nou net hoe ‘n tiener skryf oor hierdie taalgebruik en die volgende gedeelte het my heetemal uitgeboul:

"1 yng friend of rs recently sent us a hand-ritten thank-u note. we were thrilled at 1st but her spelling wuz awful b/c deres no spellcheck for pen and ppr. same ish w/ txting. ppl get uzd 2 slang and 4get the real words."

Dit maak my so hartseer. Die tiener sê:
“Textlish has even taken over in some schools, when it comes to kids writing exams! Apparently we use textlish and slang so often that we completely forget the real words.”

“Forget the real word”? Ag nee! Saam met die hartseer maak dit my so kwaad dat ‘n wrewel in my opwel en ek naar word as ek net daaraan dink! Dieselfde gebeur in Afrikaans. Ek kry juis vanoggend ‘n boodskap met woorde soos nu (nou), dun (doen) en uk (ook). En ek kan dit nie lees nie!

My wrewel gaan oor veel meer as my eie onkunde daarvan – dit gaan oor die verkragting van taal. En taal is iets wat my baie na aan die hart lê.

Eintlik moet ek nie verder hieroor skryf nie, want dit maak my net kwaad. Maar ek wil baie graag weet wat al my ‘taalmaatjies’ se opinies hieroor is– los dus asseblief vir my ‘n comment oor wat jy hiervan dink.

Ek weet dat wat nou hier volg 100% teenstrydig is met wat ek nou net gesê het, maar ek moet bieg dat ek die volgende wan-vertalings (blykbaar almal vanuit Japanees) baie snaaks vind:




2 comments:

  1. Anneke het per epos gesê:

    Ek het ook ‘n kleintjie dood aan die smstaal. Dit maak nie sin nie, dit is deurmekaar en maak my kop sommer seer as ek daaraan dink. Moet baie maal die sms hardop lees net om te sien wat daar getik is. Maar ek weet dat ek ook skuldig is daaraan met woorde soos lekr, biki en sllp. Ek verstaan egter nie hoe mense die engelse weergawes daarvan net so kan oorvertaal met woorde wat dan nie in ons taal pas nie!

    ReplyDelete
  2. Laurette het ook iets oor hierdie onderwerp per epos gedeel:

    SMS-taal maak die helfte van die tyd nie sin nie en dit neem heelwat langer om die boodskap te ontsyfer - en ek dog dis om tyd te spaar?! Ek het onlangs gehoor dat vraestelle deesdae só gemerk moet word dat hulle hierdie nuwe 'taal' in ag moet neem en nie negatief moet merk nie. Hallo?? In ons dae is daar sommer punte afgetrek vir verkeerde spelling en dit nogal in vakke soos aardrykskunde of geskiedenis! Ekself maak soms gebruik van ‘ni’ in plaas van ‘nie’ en ‘d’ in plaas van ‘die’, maar dis om spasie te spaar sodat ek nie ‘n tweede SMS hoef te stuur én daarvoor hoef te betaal nie. Soms waag ek ‘n ‘leka’ in plaas van ‘lekker’, maar meeste van die tyd gaan ek terug en maak dit reg omdat ek te skuldig voel!

    Op 'n ligter noot: ten minste sal hierdie jongetjies wat deesdae só skryf, nie ons oues se werk eendag sommer so kan steel nie… want hulle sal nie kan spel nie! Hahaha!! ;-)

    ReplyDelete