Thursday, 4 December 2008

Love, soul mates and letting go

Ek is steeds (!) besig om Elizabeth Gilbert se Eat, Pray, Love te lees. Ek vorder heelwat stadiger as wat ek gewoonlik lees - vir die blote feit dat ek min tyd aan lees spandeer deesdae…

Maar hoe verder ek lees, hoe meer waarhede val my op. Ek het reeds in
Hoe bedaar storms? na van die waarhede verwys en ook in my kommentaar op Weekends. Ek vermoed daar gaan nog baie verwysings na die waardhede wees wat in die volgende 192 bladsye gaan uitkom.

Soos die onderstaande paragraaf op bl 157:
Big deal. So you fell in love with someone. Don’t you see what happened? This guy touched a place in your heart deeper than you though you were able to reach, I mean you got zapped, Kiddo. But that love you felt, that’s just the beginning. You just got a taste of love. That’s just limited little rinky-dink mortal love. Heck, Groceries – you have the capacity to someday love the whole world. It’s your destiny.”

Hoe waar is dit nie net nie? Mens kom uit ‘n verhouding en ervaar soveel pyn en dink dat jy nooit oor daardie pyn gaan kom nie, want jy het nog nooit so lief gehad nie. Maar dan staan jy een oggend op en jy kan dit nie meer onthou nie – jy weet dit was daar; jy weet dat die liefde baie goed gevoel het; en jy weet die seer was baie seer. Maar presies hoe dit op daardie oomblik gevoel het, kan jy nie eintlik meer onthou nie. En dit maak regtig nie meer saak nie.

Dan begin jy opgewonde uitsien na die volgende liefde – want jy weet jy kan nog soveel liewer wees as wat jy gedink het menslik moontlik is. Jy kan nie wag om dit vir die persoon te gee wat jou liefde waardig is nie.

Later, op dieselfde bladsy, sê Liz vir Richard dat David haar soul mate was, waarop hy haar antwoord met wat hy dink ‘n soul mate is – ek hou baie van hierdie gedeelte van sy verduideliking:

“Your problem is you don’t know understand what that word means. People think a soul mate is your perfect fit, and that’s what everyone wants. But a true soul mate is a mirror, the person who shows you everything that’s holding you back, the person who brings you to your attention so you can change your life. A true soul mate is probably the most important person you’ll ever meet, because they tear down your walls and smack you awake.”

Dan gaan Liz weer aan oor hoe lief sy vir David is en hoeveel sy hom mis en sê Richard vir haar iets waarmee ek kan identifiseer en waarvan ek kan getuig.

Ek kan hiermee identifieer, omdat dit (ongelukkig) net sowel van my karakter gesê kon word:
“So miss him. Send him love and light every time you think about him, and then drop it. You’re just afraid to let go of the last bits of David because then you’ll be alone, and Liz Gilbert is scared to death of what will happen if she’s really alone.”

Maar van die volgende gedeelte kan ek met blydskap getuig, want dit is presies wat met my gebeur het toe ek ‘laat gaan’ het:
“But here’s what you gotta understand, Groceries. If you clear out all that space in your mind that you’re using right now to obsess about this guy, you’ll have a vacuum there, an open spot – a doorway. And guess what the universe will do with that doorway? It will rush in – God will rush in – and fill you with more than you ever dreamed.”

Sover is hierdie die mooiste hoofstuk van die boek vir my. Al lees jy nie die hele boek nie, doen moeite en lees hoofstuk 48 (ek vermoed daar gaan dalk nog hoofstukke kom waarvan ek dit gaan sê.)

Wednesday, 3 December 2008

Beautiful woorde

Na ek vir ‘n baie lang tyd nooit eers aan hierdie lied gedink het nie, hoor ek dit toe sommer drie keer van Sondag tot Dinsdag toe. Twee keer op verskillende CDs en een keer op RSG. Twee keer was dit Theuns Jordaan se weergawe en een keer die skrywer van die lied, Gert Volk Nel, s’n.

Ek deel dit graag omdat dit een van my gunsteling Afrikaanse liedjies bly. En ek hoop dat dit jou ook sal laat ronddelf tussen byna-vergete CDs na woorde wat jou eens op ‘n tyd bekoor het.

Hier is Beautiful in Beaufort-Wes se beautiful woorde:

En jy was beautiful in Beaufort-Wes
en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
en jy het op grafte en op treine
en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
en nou is jy en jou man both computer analysts
en laas winter you tried to slit your wrists
en nou kan jy nie meer slaap nie,
nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie,
nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi mooi mooi was jou woorde ook
terwyl jy menthol sigarette rook
en daai sweet sweet dinge vir my sê
terwyl jy sweet sweet in my arms lê
en die presiese woorde het ek presies vergeet
ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
en jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets vir mekaar doen nie
nooit ooit weer vir mekaar soen nie

En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot,
maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
en in die rear view mirror jou gesig gekyk
en gesê 'miskien moet ek gelukkiger lyk'
daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
en soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer iets ooit reg doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

En die laaste herinnering waaroor ek sing
is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
tot anderkant die ding dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
en dit was my wake-up call my lief
jy't gesê wees asseblief lief vir my
maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer so iets doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

Tuesday, 2 December 2008

To blog or not to blog ... ?

Ek het pas 'n artikel oor blogging in Suid-Afrika gelees; dit is geskryf na aanleiding van 'n opname wat onder Suid-Afrikaanse bloggers gedoen is.
Dit was vir my interessant om na die verskillende kategorieë te kyk en hoe ek met die uitslag van die opname identifiseer of nie. Ek dink elkeen wat hul hand aan blogging slaan, sal dit interessant vind. Die volledige resultate van die opname is hier beskikbaar.

Venus, die maan en Jupiter

Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader
in werklikheid ry hy mos met 'n slee
maar hier stap hy deur die mielies,
met 'n streepsak en 'n kierie
en my boetie vra, 'boer hy by clocolan?'

Waar is jou rendier en silwer spore?
Waar is ons drome van gisteraand?
Vlieg oor die bome met my drome
kyk hoe glinster die maan


Gisteraand het hierdie woorde, veral die laaste reël, in my kop bly draai. Elkeen wat gisteraand die maan gesien het sal verstaan waarom.

Vroegaand, nog voor dit heeltemal donker was, lê die maan in ‘n perfekte lyn met ‘n ster aan elke kant. Ek het my verkyk aan hierdie gesig en gewens dat my eenvoudige kamera dit kon vasvang.

Kort-kort deur die loop van die aand (elke halfuur of so) is ek na buite om te kyk en elke keer opnuut verwonderd. Later het die een ster na onder geskuif en die lyn het in ‘n driehoek verander.

Gisteraand se gesig word beskryf as ‘n rare astronomical event where the moon is flanked by Venus and Jupiter (lees ook
hier verder). Ek gee nie regtig om wat die rede hiervoor was nie. Vir my was dit ‘n lieflike gesig wat my God in die hemelruim geplaas het om ons aan sy grootheid te herinner.

Net na nege is ek weer buitentoe, maar dit was effe bewolk en daar was net ‘n dowwe kol waar die maan vroeër gepryk het. Maar in my verbeelding kon ek steeds sien hoe glinster die maan.

Hierdie ongelooflik mooi foto was vanoggend op News24:


Monday, 1 December 2008

August Rush


Laat in 2007 sien ek ‘n voorprent vir August Rush … die trane loop sommer in die voorprent al en ek weet, hierdie is 'n must see. Kort na die prent in Suid-Afrika vrygestel is, stap ek op 'n Sondagmiddag met dik-gehuilde oë by die fliek uit.

Die fliek met Freddie Highmore, Keri Russell, Johnathan Rhys Meyers en Robin Williams is wel onrealisties en hoogs onwaarskynlik in die meeste opsigte, maar dit is immers ‘n fliek en in hierdie geval wil ek dit ‘n moderne sprokie noem.

Evan Taylor bly in 'n weeshuis, maar is oortuig dat sy ouers leef. Hy hoor musiek in alles rondom hom en glo dat sy ouers daardeur met hom kommunikeer en na hom soek.

Die kyker word dan teruggeneem na gebeure wat wys hoe Evan se ma, Lyla Novacek, 'n bekende konserttjellis en sy pa, Louis Connelly, 'n kitaarspeler en voorsanger van 'n rock-groep een nag saam spandeer en mekaar daarna nooit weer gesien nie. Lyla is dan in ‘n ongeluk en haar pa laat haar glo dat haar baba gesterf het.

Even loop weg van die weeshuis af – hy 'volg die musiek' opsoek na sy ouers – en bevind hom in New York waar hy as straatmusikant optree. 'n Reeks gebeure lei daartoe dat hy by Juliard School ingeskryf word as August Rush. Een van sy komposies lewer opslae onder die skoolbestuur en daar word besluit dat dit deur die New York filharmoniese orkes in Central Park opgevoer sal word – en hy self die dirigent sal wees. Maar dinge verloop nie glad in die oploop na die konsert toe nie.

Ek wil darem nie die hele fliek weggee vir die wat dit nog nie gesien het. Maar doen jouself 'n guns en kyk dit. Soos ek gesê het, het die storielyn al die elemente van ‘n sprokie en die musiek is fenominaal.

Die afelope naweek het ek dit weer gekyk. En weereens was ek baie beïndruk. Soveel dat ek so ver wil gaan om te sê dit is my gunsteling fliek van die afgelope jaar.

In hierdie tyd van die jaar wat almal so moeg en afgemat uitsien na ‘n ruskansie, het hierdie fliek my weereens siel gevoed.

Thursday, 27 November 2008

As mense weggaan

…spesiaal vir Hester

Lank gelede het ek
geskryf oor mense wat weg is uit my lewe. Ek het geskryf oor ‘n klomp verskillende redes hoekom mense nie meer deel van my lewe is nie en vandag kan ek nog ‘n paar redes daarby voeg.

Maar vandag gaan nie oor my en die mense wat nie meer in my lewe is nie, want my hart gaan uit na jou uit wie se lewe daar vandag baie spesiale mense weggaan.

Dis so ongelooflik moeilik as jy gewoond is daaraan dat hulle bloot net altyd daar is – ‘n telefoonoproep en ‘n kort rit ver. Ek kan vir jou sê dat alles OK gaan wees – want alles gaan OK wees. Maar ek kan nie vir jou sê dat jy hulle nie gaan mis nie – want jy hulle mis gaan.

Daar is egter ‘n band tussen julle – die band van Christus se liefde – wat nooit gebreek kan word nie. Nie eers oor kontinente heen nie. Mag jy in die tyd wat voorlê die ware krag van hierdie band ontdek en mag die omvang daarvan jou innerlik versterk.

Ek bid vir hulle wat gaan: seën en ‘n blink toekoms vol geleenthede.
Ek bid vir jou wat bly: vrede en rustigheid.

quote

Ek deel graag hierdie aanhaling waarop ek gisternag afgekom het:
Faith isn’t faith until it is all you hang onto
(Ek kon nêrens uitvind wie dit oorspronklik gesê het nie.)

Wednesday, 26 November 2008

Thanksgiving

What I want instead is your true thanks to God – Psalm 50:14 (NLT)

Ek moet erken dat ek nie noodwendig altyd goeie goed oor die Amerikaners te sê het nie. Maar as daar een ding is wat ons by hulle kan leer, is dit hul Danksegging-tradisie. Ek het wyd gelees na die oorsprong daarvan, maar te veel verskillende weergawes daarvan gekry en besluit om dit eerder hier uit te laat. En ek reken die oorsprong is in elk geval nie die belangrike aspek nie.

Ek hou van die idee om 'n dag af te sonder om dankie te sê vir die jaar wat verby is – soos wat die Amerikaners elke jaar op die vierde Donderdag van November doen. Vanjaar vind dit more, op 27 November, plaas.

As ek terugkyk op 'n jaar wat in baie opsigte seker die moeilikste ooit was, is daar steeds so baie waarvoor ek dankbaar is.

Ek is dankbaar vir my familie en vriende. Ek is dankbaar dat dit goed gaan met almal. En ek is veral dankbaar dat hulle in my lewe is – vir hul ondersteuning en liefde elke dag en in elke situasie.

Ek is dankbaar vir my werk. Nooit weer sal ek aanvaar dat 'n werk iets is wat ‘n mens bloot net het nie. Die feit dat ek vir ‘n tyd lank daarsonder was, het my geleer om met nuwe oë daarna te kyk. Ek is opnuut dankbaar vir elke bord kos wat ek het om te eet en dat ek nog nooit honger gaan slaap het nie. Ek is opnuut dankbaar vir die dak oor my kop en bed waarin ek slaap. Ek is opnuut dankbaar dat ek ‘n kar het en nie hoef te loop of te sukkel met ‘n bus of taxi nie.

Ek is dankbaar vir my persoonlike groei as mens. Ek is dankbaar dat ek in elke situasie iets kan leer en heel aan die ander kant kan uitkom. Ek is dankbaar vir elke stukkie genade en krag wat my hier gekry het.

As ek dus terugkyk is daar so ongelooflik baie waarvoor ek kan dankbaar wees. Ten spyte van alles wat gebeur het ... of dalk juis as gevolg daarvan.

En dit is alles net die dankbaarheid wat oor myself gaan. As ek iets moes weergee van die goed waarvoor ek vir my vriende dankbaar is (oor die dinge wat hierdie jaar met hulle gebeur het) sal ek baie bladsye vol skryf.

Ek wil met hierdie dogtertjie saamstem dat daar baie meer is om voor dankbaar te wees as wat ons in een dag eers aan kan dink.
As jy gaan delf in die herinneringe van die afgelope jaar, sal jy verbaas wees hoeveel jy het om oor dankbaar te wees. Ek daag jou uit om ten minste een ding waarvoor jy dankbaar is van 2008 in die openbaar uit te basuin – skryf dit hier as ‘n comment, sodat ander in jou dankbaarheid kan deel. En sê dan more spesiaal nog 'n keer dankie daarvoor - ek sal saam met jou dankie sê daarvoor.
Dankie vir 2008 en elkeen wat saam met my daarin gedeel het.

A thankful heart is not only the greatest virtue, but the parent of all other virtues - Cicero

Sunday, 23 November 2008

Weekends

What are weekends made of?

Weekends are made of pink cocktails with decorative cherries and umbrellas.
Weekends are made of lazy afternoons spent reading, sleeping, meditating.
Weekends are made of fancy dress parties with props and champagne.
Weekends are made of Holy Communion, praying, worshiping.
Weekends are made of James Bond movies, which are not so James Bondish after all.

Well, this is almost what weekends are made of.
For these are simply the activities that fill up weekends.

Weekends are made of the people who share in these activities.

Friday, 21 November 2008

Kersfees-gees

Oor vyf weke is dit Kersfees!

Elke jaar sukkel ek om in die Kersfees-gees te kom. In teendeel,
soos ek lankal reeds gesê het, raak ek eerder geïrriteerd met hoe die mensdom dit gebruik om hul eie sakke te vul. Ek raak vies vir mense wat skarrel om groter en beter geskenke as die vorige jaar te koop en in die proses skuld maak om dit te kan doen (veral in die huidige ekonomiese omstandighede).

Van Oktober af is dit oral en ek wonder hoeveel mense wat Kersfees so uitbuit en uitgebuit word daardeur, regtig besef waaroor dit gaan? En wanneer Kersfees dan kom, is ons al so ‘moeg’ daarvoor, dat dit eintlik net glad nie saak maak nie. Dit maak my altyd so hartseer.

Maar hierdie jaar is dit egter vir my anders. Ek bly uit die winkels uit waar ek nie die Kers-aanbiedinge en goedkoop versiering kan sien nie. En dit is die beste ding wat ek vir myself kan doen.

Ek kyk na binne en besef hoeveel ek het om voor dankbaar te wees – selfs na die riller van ‘n jaar wat ek gehad het. En skielik maak die jaar wat verby is regtig nie meer saak nie, want ek kyk met nuwe oë na Kersfees.

Ek begin nou reeds die wonder daarvan indrink by elke moontlike geleentheid.
Ek begin nou reeds die vrede daarvan ervaar na ‘n baie moeilike jaar.
Ek begin nou reeds die seën van Kersfees vir my geliefdes toebid.
En ek spandeer nou soveel tyd moontlik saam hulle omdat dit vir my ‘n Kersfees sonder hulle gaan wees.

Toe ek myself gisteroggend kry, haal ek my
Christmas Heart of Worship CD uit en luister dit in die kar - ek dink dit was die eerste keer wat ek daarna geluister het na ek dit reeds ‘n paar jaar gelede gekoop het. En vanoggend bly die lied Somer-Kersfees in my gedagtes (in my Google-soektog na die lirieke kom ek toe op my eie verwysing daarna af).

Hierdie bly vir my so ‘n spesiale lied, omdat dit ‘n Kersgebed is vir die land waarin ons bly:

Welkom, o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Voel jy ook nou sy warm liefde as ons die dag gedenk,
Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder Somer-kersfees
In hierdie land, o Heer.

Skielik sien ek baie uit na volgende week se Kers-sangdiens.

Ek het lank gesoek na ‘n gepaste prent om saam hierdie skrywe te post – wel, om eerlik te wees weet ek nie presies waarna ek gesoek het nie – maar die meeste wat jy kry is net Kersbome, -versierings, -liggies en selfs advertensies om die Kers-winskope uit te bassuin. Ek kon ongelukkig niks kry wat vir my die ware vrede en gees van Kersfees weerspieël nie.
Mag jy nou reeds die vrede van Kersfees ervaar in hierdie tyd wat ons almal so jaag om alles te doen wat gedoen moet word voor die jaar heeltemal onder on uit hardloop.