Tuesday, 30 December 2008

Saturday, 27 December 2008

Vakansie

Vir vyf wonderlike dae was ek in die bos. Daar waar dit rustig en vreedsaam is en vrede en vreugde volop. En daar waar ek saam mense is wat vir my belangrik is.

Deur die dag brand die son warm en bly ‘n mense maar in die koelte, lê rond en lees. Sononder word soos ‘n vuur aan die hemelruim geverf en die kleure daarvan verander letterlik elke minuut. Ek wens dit was iets wat ek op kamera of selfs canvass kon vasvang. En dan steek Venus sy kop uit. En steeds is die belangrike mense in my lewe daar om dit mee te deel.

Dit was donkermaan in die tyd wat ons in die bos was. Wanneer jy eindelik in die bed klim maak dit nie meer saak of jou oë oop of toe is nie – jy sien dieselfde. En om die sterre aan iemand te beskryf is volgens my onmoontlik. So ‘n gesig het ek lanklaas in my lewe gesien en ek dink onwillekeurig aan die lirieke van Tree 63 se Million Lights waar daar aan God gesê word:

Can we hang out tonight underneath your ceiling? I could stare up at a million lights and listen to You breathing. If I fall fast asleep it’s just because I feel so safe in You. It won’t take much to wake me up.

24 Desember 2008
Op Oukersoggend lê ek reeds vroeg wakker met die silhoeëtte steeds vars in my geheue. Ek praat van die vorige aand se doringboom-silhoeëtte teen die agtergrond van ‘n weerlig-verligte bosveldnag. Ek onthou hoe die reuk van stof wat die reën voorafgegaan het in my neus gespeel het en hoe ek amper heelnag na die donderweer en reën gelê en luister het.

Ek het gelê en luister na meer voëlgeluide as wat ek kon identifiseer of selfs onderskei en het saam die voëls gejuig en sing oor die skoongewasde aarde. Op die vooraand van Christus se fees buig ek saam die skepping laag voor Sy almag en getuig ek in nederigheid oor die wonder van Sy koms. Dit laat my soos die aarde voel – skoongewas, ‘n nuwe mens.

Later die oggend gaan stap ek ‘n ent. Behalwe vir die voëls heers daar ‘n doodse stilte. Dis asof almal bietjie inlê na die nag se reën. Maar dit is hoe ek dit verkies – net ek en die natuurgeluide en die enigste teken van beskawing die pad waarin ek stap.

Ek kom af op ‘n trop tarentale – seker byna twintig – wat tussen die nat gras na ontbyt soek. Een van hulle laat vir my ‘n mooi, sagte gespikkelde veer in die pad agter. Een wat my later sal herinner aan hierdie kosbare oggend.

Kersfees!
Kersfees is altyd spesiaal. Hierdie een ook – want ek was saam met mense wat vir my belangrik is. Hierdie een is vir my bietjie anders as die waaraan ons in Afrika gewoond is. Dis ‘n koue een. Maar ek sit reeds teen 6:30 buite. Die wolke is dig saamgepak en die wind laat my dieper in my trui inkruip. Maar ek kla nie, ek smile.

Alhoewel ‘n datum eintlik niks hiermee te doen het nie, is dit die datum waarop ons Christus se geboorte herdenk – en met blydskap vier saam met die mense wat vir ons belangrik is en vir wie hierdie Fees ook belangrik is. Al vier ons dit ‘amptelik’ net een dag per jaar, is ek elke dag verstom oor die liefde waarmee God sy Seun en seën vir ons gegee het.

En elke dag wil ek saam met engele sing:
Glory to God in the highest and on earth peace to men on whom his favour rests.

Thursday, 18 December 2008

Wees geseënd

Vandag oor ‘n week is dit Kersfees!

Vandag is die laaste keer wat ek werk vir 2008. En dit in alle waarskynlikheid ook die laaste keer wat ek hier sal skryf vir die jaar.

Dankie aan elkeen wat my in 2008 die waarde van vriendskap en liefde en ondersteuning geleer het – en dit aan my bewys het. Julle is almal baie kosbaar vir my.

As jy op reis gaan in hierdie tyd, bid ek jou veiligheid toe op die paaie en waar jy ookal gaan. Geniet die ruskans en kom veilig terug.

Aan ieder en elk wens ek ‘n vreugdevolle en liefdevolle Christusfees toe. Mag jy en jou geliefdes die wonder van Kersfees beleef en mag die vrede daarvan elke dag van 2009 met jou saamgaan.

En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!
Lukas 2:13-14
Wees geseënd!

Sy smile

…vir die een wat raas

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en luister hoe jy tokkel.
Soms iets van Laurika,
maar meestal Jan Blohm of Valiant.
En altyd smile sy
as jy raas op jou kitaar.

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en verkyk haar
aan hoe jou vingers
oor die snare gly.
En altyd smile sy
as jy raas op jou kitaar.

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en giggel
as jy die woorde vergeet
en dan jou eie opmaak.
En altyd smile sy
as jy raas op jou kitaar.

Hierdie meisiekind
lê op die naat van haar rug
en wens dat wat sy nou voel
nooit sal verander nie.
En sy weet sy sal altyd smile
solank as wat jy vir hààr
raas op jou kitaar.

Monday, 15 December 2008

Kersvader wie?

Goed, ek weet almal is al moeg vir my siening oor hoe mense Kersfees vier … maar daarom deel ek vandag graag ‘n artikel deur Antoinette Pienaar wat ek op Beeld se webtuiste raakgelees het.

† Kersvader, Sinterklaas
Leer jou kinders Kersvader is “dood”, want Kersfees gaan nie oor die man met die wit baard in die rooi jas nie.

So sê die ChristianView Network in ’n verklaring waarin hulle kla dat miljoene rande dié feestyd eerder aan bemarking van Kersvader as Christus gaan.

’n Onderwyseres in Brittanje is onlangs afgedank nadat sy ongeveer dieselfde mening gelug het.
Die vrou het glo aan ’n klas sewejarige kinders by ’n laerskool in Manchester gesê Kersvader bestaan nie en dis hul ouers wat die geskenke onder die boom kom neersit.

Die kleintjies is in trane huis toe en die hoof moes skarrel om skriftelike verskonings uit te stuur. Sy het die werwingsagentskap gebel en die onderwyseres werk glo nie meer daar nie.

ChristianView Network het die afgelope week gesê mense hardloop soos malles deur die winkels om hul laaste Kersfees-inkopies te doen, pleks om in dié tyd aan Jesus te dink.

“Geldgedrewe koerante en winkels bemark die god Kersvader.
“Sommige wat hulle skaam vir die naam van ons Redder, gebruik Xmas eerder as Christmas.
“Ek sien uit na die dag wanneer, soos met die antieke Romeinse gode in Europa, Kersvader ook vergete en gediskrediteer is,” sê mnr. Philip Rosen- thal van die netwerk.

Volgens hom moet mense Christus in die feestyd “bemark” deur onder meer kaartjies met Christelike temas te koop en hul kinders te leer Kersvader is “dood”.

Intussen sê navorsers aan die Universiteit van Montreal in Kanada dit is nie sleg vir kinders om in die man met die rooi jas te glo nie, al voel sommige ouers hulle jok vir hul kinders.
“Wanneer hulle die waarheid hoor, aanvaar die kinders die reël van die speletjie en help hulle selfs hul ouers om die kleiner kindertjies in die mite te laat aanhou glo,” het prof. Serge Larivée van die universiteit aan EurekAlert! gesê.

“Dit word ’n oorgangsritueel waarmee hulle weet hulle is nie meer babas nie.”

Larivée en sy kollegas het na studies gekyk wat in 1896 en 1979 onder kinders tussen die ouderdom van 7 en 13 gedoen is. Sowat 46% en 44% van kinders het self uitgevind dat Kersvader nie bestaan nie. Meer as 22% het in 1896 erken hulle was teleurgesteld en 39% in 1979. Onderskeidelik 2% en 6% het gesê hulle het “verraai” gevoel. Larivée het gesê kinders se geloof in Kersvader taan namate hulle die vermoë ontwikkel om te redeneer. Hulle besef dit is onmoontlik vir Kersvader om deur die skoorsteen te pas en dat hy beslis nie oral gelyk kan wees nie.

In 1896 het 54% van die ouers gesê hulle ondersteun die Kersvader-mite omdat dit hul kinders gelukkig maak, teenoor 73% in 1979 en 80% in 2000. In 1979 het ouers in 40% van gevalle die nuus aan kinders gebreek dat hy nie bestaan nie, teenoor 25% in 1896.

Larivée het gesê hy het nou die volgende vraag: As kinders dieselfde bomenslike magte met Kersvader assosieer as met God, hoekom hou hulle op om in Kersvader te glo, maar nie in God nie?
Gaan lees nou ook hierdie posting wat ek op 'n ander blog (die van 'n ene Sonkind) raakgelees het ...dit maak dit net soveel makliker om jou kinders die waarheid oor Kersvader te leer.

Friday, 12 December 2008

2008 op sy rug

Ek weet, dit klink soos ‘n cliché … maar ek kan nie glo die jaar is al so ver gevorder nie. Met 2008 wat so te sê op sy rug lê, is dit dalk tyd om so ‘n bietjie retrospeksie oor die afgelope elf en ‘n half maande te doen.

Werk-dinge
2008 het met ‘n bang begin. Kyk, DEAT se Annual Review was geen grap nie en het my baie lank besig gehou en ook nie sonder baie struikelblokke nie. Die blote gedagte aan die hele projek maak my sommer naar – dit is verseker nie iets wat ek ooit weer wil doen nie. Maar dit was tog ‘n goeie leerskool.

Niks kon my egter voorberei vir dit wat daarop gevolg het nie. Die CEO roep my en sê ek kan nie meer vir daar werk nie (sy kan my nie meer bekostig nie). Wat ‘n skok! Ek is werkloos! En so sit ek vir vyf weke lank werkloos by die huis en leer ek die ware betekenis van trail and tribulation.

Deur die genade begin ek toe weer vroeg in Julie in ‘n nuwe pos – wat teen die tyd lankal nie meer so nuut is nie. ‘n Pos waaroor ek verseker nie kan kla nie en wat my oë oopgemaak het vir ‘n klomp dinge. ‘n Pos wat my in sekere opsigte bang maak – maar nie omdat ek voel ek is nie opgewasse daarvoor nie, maar dalk eerder die teendeel… Gelukkig bied dit my die geleentheid om dit wat ek baie graag wil doen, so on the side ‘n kans te gee.

Die nuwe jaar wink reeds met nuwe moontlikhede, maar dit sal ek hanteer wanneer dit kom.

Emosies
Ek dink 2008 was my jaar van emosies. Goed en sleg. Nie net het my emosies kilometers ver op loop gegaan oor die dinge in my eie lewe nie, maar ook oor ander naby aan my s’n.

Die jaar het begin deur saam ‘n vriendin deur haar lang en uitgerekte egskeiding te veg; toe was daar drie naby vriendinne wat miskrame gehad het; nog ander met huweliksprobleme.

Die goeie emosies wat ek saam met ander gedeel het, was Anneke en Johan se troue, Lynda en Winston s’n, Hans en Sophia s’n en ook die van Andries en Natasha. Ek het gedeel in die vreugde van Burger en Nita se nuwe Nina en Wimpie en Corlien se Carli. Dan is daar ook nog ander swangerskappe en ek sien saam met daardie vriende uit na die geboorte van hul babas in die nuwe jaar.

In Mei is my wêreld geruk toe ek my werk verloor het – die emosies wat daarmee saamgaan, kan ek nie eers beskryf nie. En om die waarheid te sê, ek wil nie eers daaraan dink nie. Maar dit het my het karakter gebou. Net soos wat
Jakobus 1 sê dit sou doen.

Die hele werk-fiasko het my sterker gemaak as wat ek gedink het ek kan wees. En dit het my voorberei vir die volgende stel emosies wat my pad sou kruis. Daardie emosies wat ek ervaar het toe ek mense en dinge uit my lewe uit moes ban. Mense en dinge wat so ‘n belangrike deel van my aardse lewe uitgemaak het, maar wat my Hemelse Vader van my verwag het om agter te laat, omdat dit nie goed was vir my en my verhouding met Hom nie. Dit was so seer en moeilik en die emosies wat daarmee saamgegaan het, aaklig. Maar dit was ‘n moes. Nou is ek so dankbaar dat ek daardeur kon gaan. En vir die mens wat dit my gemaak het.

Geluk
So veg ek my pad oop deur die jaar met geen idee watse wonderlike lig daar aan die einde van die donker 2008-tonnel vir my wag nie. ‘n Lig wat my so gelukkig maak dat dit my oplig, die hoekies van my hart kom skoonwas, my siel kom verhelder en my kom herinner aan emosies waarvan ek al vergeet het.

Ek is gelukkiger as wat ek in ‘n baie, baie lang tyd in my lewe was. En ek is ongelooflik dankbaar daarvoor.

Dankbaar vir iemand in my lewe. Iemand wat my laat straal. Iemand wat my met nuwe oë na die lewe laat kyk. Iemand wat my ongelooflik gelukkig maak.

Les
Ek sien nou vreeslik baie uit na die jaar wat voorlê.
Ek sien uit na die moontlike veranderinge en geleenthede wat mag wink.
Ek sien uit na die nuwe emosies wat mag spruit.
Ek sien uit om elke stukkie geluk te pluk wat vir my beskore is.

Ek wens nie die laaste twee weke van die jaar verby nie, want ek sien uit na vakansie en Kerstyd saam met baie belangrike mense in my lewe. Maar ek sien uit na al hierdie dinge vir 2009 omdat ek gaan vashou aan die een groot les wat ek in 2008 geleer het.

Die les en hoop soos wat dit in Romeine 8:28 aan ons gegee is:
And we know that God causes everything to work together for the good of those who love God and are called according to his purpose for them.

Wednesday, 10 December 2008

Geluk

Ek is so gelukkig!

En ek ervaar hierdie geluk van my presies hoe
Wikipedia dit omskryf:
Happiness is an emotion associated with feelings ranging from contentment and satisfaction to bliss and intense joy.

Ek glo vas dat geluk iets is wat uit jouself moet kom. Ek het altyd gesê dat niks of niemand jou gelukkig kan maak nie; jy kan alleenlik gelukkig wees as jy content en gelukkig met jouself is.

Vandag wil ek my ‘storie’ oor geluk ‘n bietjie verander. Ek dink dat iemand of iets jou wel kan gelukkig maak. Maar (en hier kom ek terug by my oorspronklike gedagtes oor geluk) net tot die mate waarin jy iets of iemand toelaat om jou gelukkig te maak. En ek dink jy kan slegs iemand toelaat om jou gelukkig(er) te maak as jy reeds gelukkig en content met jouself is .

Dus is ek bly en baie dankbaar dat ek so gelukkig en content in myself kan wees – en in so ‘n mate dat ek iemand anders kan toelaat om my selfs nog gelukkiger te maak.

Hierdie gedig deur
Aldo Kraas is ‘n goeie beskrywing van hoe ek my geluk ervaar:

Happiness
Happiness uplifts me
Happiness fills my heart, my mind, and my soul
Happiness gives me the strength I need
Happiness is a good feeling that enters my mind each day
Happiness takes my sadness away
Happiness fills my eyes with joy
Happines makes me excited and thrilled
Happines warms my heart and soul each day
Happiness gives me a sense of relief each day
Happiness welcomes me each morning when I get up
Happiness can be seen in my eyes

Dankie dat jy my gelukkig maak...!

Tuesday, 9 December 2008

What’s Your Style?

Ek post vandag iets wat deur Victoria Osteen geskryf is.
Dis vir al die pragtige en stylvolle vroue in my lewe! Dis vir my ongelooflik mooi, veral die sin wat ek ge-bold het; dit is vir my so 'n mooi beskrywing van wat skoonheid is - en iets om na te streef.
What’s Your Style?
by Victoria Osteen

Have you ever taken one of those multiple-choice style quizzes in a magazine or online? It’s interesting how they can ask ten, or so, random little questions like, "What’s your favorite color?" or "Where did you last go on vacation?" and at the end, give you a surprisingly accurate synopsis of your personality and an overview of your fashion style. Somehow, it seems that in less than five minutes, they know more about you than your best friend! If only the other areas of our lives could be figured out so easily!

As women, we are born with an innate desire to express ourselves through our style. I can remember when I was a little girl, no one had to tell me to play in my mother’s makeup or jewelry; I just did it. It came naturally. I loved to put on her lipstick and necklaces. I felt so grown up and beautiful—even though that lipstick was anywhere on my face but my lips! No one ever had to tell me to pick out pretty dresses, and twirl around in them. And, as I grew up, no one had to tell me to love shopping, either!

It’s no secret. Most women do love to shop. Whether we buy anything or not, we can find satisfaction just in the experience. But, have you ever been shopping with a friend, trying to help them pick out clothes and they say, "Oh that’s not me." Or "That is so me!" Women naturally want to make sure their clothing style accurately reflects who they are. Have you ever noticed that men don’t talk like that when they buy clothes? In most cases, they aren’t saying things like, "That is so me!" or "I feel fabulous in this!" They are buying clothes first and foremost out of necessity, and either the item they see fits the bill, or it doesn’t. Women dress according to their mood and feelings, men dress according to the facts, what they need to wear that day. That’s why men will never understand when a woman stares at her closet full of clothes and exclaims, "I have nothing to wear!" What she’s really saying is, "I can’t find anything that I feel comfortable in today."

But have you ever thought that God created you that way for a purpose? Webster’s defines "style" as a distinctive manner of expression or behavior. Yes, we have our own fashion style in the natural, but did you know that we have a spiritual style, too? Just as you want to feel comfortable in your clothes in the natural, God wants you to feel comfortable in your spiritual clothes, too. He put something deep on the inside of you to recognize when you’re wearing something that just "isn’t you." For example, Isaiah 61 talks about wearing a garment of praise instead of a spirit of heaviness. The bible also talks about wearing a robe of righteousness and a garment of salvation. We should recognize that any time we are feeling weighted down by the pressures of life, anytime we start feeling like we don’t measure up, any time we feel overwhelmed we should take one look at our spiritual mirror, the Word of God, and say, "Oh that’s not me at all!"” We need to take off those old, dirty garments of self-defeating thoughts and put on garments of peace, righteousness, praise, and love.

I love what is says in I Peter 3:3-5. It says that as women, we shouldn’t just focus all of our efforts on our external appearance, but we should remember that our inward appearance, our heart, is our most important accessory. It tells us that we should focus on having a gentle and peaceful spirit, we shouldn’t be anxious or easily upset, but we should reflect the character and style of God. Peter’s basically saying, "Listen, I know you women love to dress up, but let’s keep things in perspective. Let’s follow the example of the faithful women of days gone by who took care of their external appearance and their internal appearance."

Remember, true beauty isn’t about what you look like, it’s the experience you leave with the people you encounter on a daily basis. Think about a beautiful song. You can’t see it, but yet it touches your inner being. In the same way, we should deposit good things into the lives of others. Do people leave your presence better off than they were before? The scripture tells us that when we bring Good News to others, even our feet are beautiful!

Make the choice today to allow the character and style of God to flow through you. Look for ways to do something beautiful in the lives of the people you encounter today. As you do, you’ll feel His garments cover your heart, and you will move forward in confidence knowing that His style is reflected in you.

Monday, 8 December 2008

Nog oor Kersfees

Ek dink nie ‘n mens besef presies hoe sterk jy oor ‘n saak voel totdat jy in diepte na jou eie kommentaar oor die saak en die frekwensie daarvan gaan kyk nie.

Ek het verlede maand
hier oor die Kersfees-gees geskryf en genoem dat ek in Oktober 2006 ook daaroor geskryf het. Ek het die naweek bietjie in ‘n stokou joernaal gaan rondblaai en tot my eie verbasing, afgekom op iets af wat ek reeds in 1996 oor Kersfees en die goedkoop-making daarvan geskryf het.

Kersfees?
Flikkerende liggies versier elke venster
‘n Spesiale aanbod hier en ‘n winskopie daar
‘n Groen boom met rooi versierings
Jippie! Rede vir partytjie

Hy is vrolik – kon partytjie hou
Sy is opgewonde – het ‘n nuwe pop gekry
Maar wat van die familie?
‘n Onskuldige kind is na haar dood gestuur

Kan so ‘n ma nog glo?
Glo dat die Koningskind leef?
Deur Sy geboorte sterf haar kind
Of sal sy haar hierdeur kan versterk?

Waarom vier ons hierdie dag so skeef en krom?
Dit bring net pyn
En waar vrede moet wees, seer
Laat ons eerder jubel: “ere aan God...”

Friday, 5 December 2008

Textlish

Sjoe, maar dit is omtrent vir my stryd om vrede te maak (en dit te lees!) met hierdie nuwe sms-taal. Ek lees nou net hoe ‘n tiener skryf oor hierdie taalgebruik en die volgende gedeelte het my heetemal uitgeboul:

"1 yng friend of rs recently sent us a hand-ritten thank-u note. we were thrilled at 1st but her spelling wuz awful b/c deres no spellcheck for pen and ppr. same ish w/ txting. ppl get uzd 2 slang and 4get the real words."

Dit maak my so hartseer. Die tiener sê:
“Textlish has even taken over in some schools, when it comes to kids writing exams! Apparently we use textlish and slang so often that we completely forget the real words.”

“Forget the real word”? Ag nee! Saam met die hartseer maak dit my so kwaad dat ‘n wrewel in my opwel en ek naar word as ek net daaraan dink! Dieselfde gebeur in Afrikaans. Ek kry juis vanoggend ‘n boodskap met woorde soos nu (nou), dun (doen) en uk (ook). En ek kan dit nie lees nie!

My wrewel gaan oor veel meer as my eie onkunde daarvan – dit gaan oor die verkragting van taal. En taal is iets wat my baie na aan die hart lê.

Eintlik moet ek nie verder hieroor skryf nie, want dit maak my net kwaad. Maar ek wil baie graag weet wat al my ‘taalmaatjies’ se opinies hieroor is– los dus asseblief vir my ‘n comment oor wat jy hiervan dink.

Ek weet dat wat nou hier volg 100% teenstrydig is met wat ek nou net gesê het, maar ek moet bieg dat ek die volgende wan-vertalings (blykbaar almal vanuit Japanees) baie snaaks vind: