Tuesday 31 October 2006

wat maak dit tog saak?

Ek lees die woorde van 'n lied byna vergete, maar tog so bekend vir my en my oë is skielik vol trane by die gedagte aan die herinneringe ... en ek besef dat net soos gister, maak trane nie meer saak nie...

Is jy oud of is jy jonk, nugter of dronk?
Van kleins af al geleer om op ‘n stage te pronk
Is jy wit of is jy swart, bruin of rooi?
In ‘n hoed of in ‘n jas, jou beste baadjie getooi

Makiesakie. Buite makiesakie my mens. Buite makiesakie

Het ek jou al gesê dat ek vir jou wil hê?
Het ek jou al vertel ek’s meer as net jou pêl?
Hoekom het jy gesê die rook het weer gaan lê?
Hoekom het jy vertel dis die hemel, toe’s dit al die tyd die hel?

Makiesakie. Gister makiesakie my mens. Gister makiesakie

Die wereld se dinge en die rook se ringe.
Jy soek na lewensbrood, want binne voel jy dood
Van gister tot vandag het jy lekker gelag,
maar jou oë voel vuil en jy begin te huil

Makiesakie. Trane makiesakie my mens. Trane makiesakie
Theuns Jordaan
Makiesakie

No comments:

Post a Comment