Friday 27 October 2006

tragedie

Ek lees hoe 'n vriendin oor die selfmoord van 'n kollega skryf en skielik is dit ekstra koud om my en diep in my. Soms dink ek dit gaan sleg met my, maar nog nooit het ek op daardie punt gestaan waar ek geen lig gesien het en totaal sonder hoop was nie. Mag hierdie tragedie ons oë en ore en harte oopmaak vir die wat woordeloos om hulp roep.

My innige meegevoel aan elkeen wat die verlies van Michelle se dood moet verwerk.

No comments:

Post a Comment