Tuesday 3 October 2006

clichè?

Waarskynlik, ja.

Want sien, so gryp die sentiment my toe mos nou al vroeg in Oktober en ek vra myself: waar is die afgelope 274 dae heen? Die eerste reën het vandag geval – ter bevestiging van dit wat ek dink. Ek stap in Woolies in en die eerste Kers-display is voor my – dan ek weet vir ‘n feit: hierdie jaar is in sy moer in.

Dis wanneer ek begin retrospeksie doen asof dit 31 Desember is. Die afgelope nege maande het my in meer as een opsig uit my gemaksone geruk; my lewe het so baie verander; ek het soveel mense sien gaan; en daar was baie dinge wat aan my hart kom gryp het. Maar tog het my lewe presies dieselfde gebly en het ek self nie veel gedoen nie.

En skielik slaan dit my soos ‘n hamer tussen die oë: hierdie jaar is nog nie verby nie. Daar is nog 91 dae oor om iets van te maak – om te lewe! Ek moet my oë oopmaak, opspring en begin dinge doen! 91 dae gaan in ‘n oogwink verbyvlieg. En onder geen omstandighede mag ek op 31 Desember steeds staan presies waar ek vandag is nie. Ek kan nie toelaat dat 274 gemorste dae 365 gemorste dae word nie.

Ek moet die paintings begin maak waarvan die prente reeds in my kop is. Ek moet die gedigte begin skryf wat in my pen le. Ek moet die liedere begin sing waarvan die woorde betekenis dra. Ek moet die natuur begin raaksien wat daar buite is. Ek moet begin deel raak van die wêreld wat daar buite is. Ek moet begin liefde bewys aan die mense wat in my hart is. Ek moet begin dans op die maat van die lewe.

No comments:

Post a Comment