Monday 12 January 2009

Vir hul pa

Die Moutons het gevra dat ek iets namens hulle verwerk as nagedagtenis aan Andre en ek deel dit ook graag:


Vir Pa

Dankie vir al die woorde en wysies wat ons ‘n leeftyd sal hou.
Dankie vir die eerste keer wat jy ons die sonsondergang gewys het en saam in die reën baljaar het.

Dankie dat ons klippe en skulpe en takke kon huis toe bring, selfs gediertes.
Dankie vir die opwinding om te kan lewe.

Dankie vir “Probeer, gee jou beste en as jy nie kan nie, fokus op iets anders”. Dit het ons baie hoofbrekings gespaar.

Dankie dat jy nooit gesê het: “Ek het jou mos gesê” nie.

Dankie dat jy altyd daar was. Nie inmengend nie, nie eisend nie, maar altyd beskikbaar met raad; oombliklik gereed as ons vra.

‘n Skouer om op te huil.
Iemand om nuus mee te deel.
Iemand om mee saam te lag.
Iemand met oneindige liefde.

Altyd!

2 comments:

  1. Anonymous3:17 pm

    Dis mooi geskryf! My medelye...

    ReplyDelete
  2. Ek waardeer die kompliment, maar jou meegevoel selfs meer. Dankie.

    ReplyDelete