Monday 14 September 2009

MacDonald's en Diemersfontein

Ek weet, die Amerikaanse wegneemete en 'n Kaapse wynlandgoed het sekerlik niks in gemeen nie. Maar vir my is dit anders. Vir my het beide hierdie handelsmerke simboliek. Dit was dus niks minder as gepas dat daar MacDonald's en Diemersfontein by betrokke was toe my Liefie my die afgelope naweek by 'n baie spesiale geleentheid gevra het om sy vrou te word nie.

My Liefie, baie dankie vir 'n wonderlike aand. Ek sien baie uit na my lewe saam met jou in ons nuwe huis. Jy is 'n kosbare seën in my lewe waarvoor ek ons Vader daagliks dank.

Dankie aan elkeen wat in ons glo en ons in hul gebede opdra.

2 comments:

  1. Hi Annelie, baie geluk met die wonderlike nuus! Mag julle baie gelukkig wees! Baie sterkte ook vir die besige tyd wat voorlê. Groete, Heidi

    ReplyDelete
  2. Baie geluk, dit is wonderlike nuus en ek is baie bly vir julle. Mag julle verbintenis geseen wees. Geniet elke oomblik van die beplanning en afwagting van hierdie opwindende tyd in julle verhouding!

    ReplyDelete