Monday 20 July 2009

Die geheim van jonk bly

Die jongste uitgawe van Sarie is 'n viering van die tydskrif se sestigste bestaansjaar en is propvol "Toe en Nou"-brokkies en aanhalings uit die afgelope sestig jaar se uitgawes.

Een so 'n aanhaling is getiteld "Die geheim van jonk bly". Hierdie aanhaling uit die destydse Sarie Marais van 9 Julie 1958 spreek vir my van 'n resep wat soveel meer as net jonk bly aanraak en ek deel dit graag:

'n Mens word ook oud van dinge niƩ doen nie: nie 'n nuwe koek probeer bak nie, omdat die ou resep soveel makliker is; nie met die nuwe bure probeer kennis maak nie; nie die kleurskema van die woonkamer 'n slag probeer verander nie; nie nuwe boeke soek om te lees en nuwe plekke ontdek om vakansie te hou nie.

No comments:

Post a Comment