Sunday 25 October 2009

Rose

Ek het die naweek 'n baie suksesvolle, maar baie interessante "uitstappie" gehad.

Ons het die Stolse net buite Bothaville besoek en 'n kykie gekry op hoe hulle met rose werk. Daar is 'n menigte tonnels met roosbome, maar dis die sorteerproses wat so interessant was. 'n Masjien gradeer elke roos volgens lengte, hoe dik die stam is en hoe ver die knop oop is. Dan verpak die werkers dit daarvolgens vir uitvoer of vir plaaslike gebruik (hulle lewer rose aan Woolworths).

Die see van kleur in die area waar die verpakking plaasvind is ongelooflik; en dis hier waar die sukses van die uitstappie inkom. Ek het die rose vir my troue gekry! Ek wil nie te veel uitbrei oor wat ek beplan en wat die werklike kleurskema gaan wees nie, maar hier is ietsie van dit wat ek wil hĂȘ:


PS: Nog net 104 dae voor die groot dag!

No comments:

Post a Comment