Tuesday 25 August 2009

'n Nuwe seisoen

'n Maand gelede was dit nog donker as ek soggens by die werk kom.
'n Week gelede was dit nog skemer.
Vanoggend is dit lig!

Die draai van die seisoen bring 'n opgewondenheid in my. Nie net oor die lente en somer wat voorlĂȘ nie, maar ook die nuwe seisoen van lewe.

Die eerste daarvan is ons nuwe nessie! Eindelik het ons die regte een gevind. Na sowat twee maande waarin ons naweke spandeer het om agter agente en skouhuise aan te ry, het ons eindelik die perfekte plek gekry.

Dis met diepe dankbaarheid en groot opgewondenheid dat ons uitsien na 'n nuwe seisoen van lewe.

No comments:

Post a Comment