Thursday 28 June 2007

Ek het gister bedank!

Dit klink dalk nie na so 'n kragtige daad of groot ding nie. Maar vir my is dit. Vir beteken dit die einde van 'n era. Iets waaroor ek beide hartseer en opgewonde is.

Dis tyd om aan te beweeg. Dis tyd dat ek uit die groef en comfort zone kom waarin ek al vir so lank is. Dis tyd dat ek my pantoffels uittrek en weer my stapskoene uit die kas haal om die nuwe draaie op my pad aan te durf.

As mens so lank soos ek op dieselfde plek is, ken jy almal se giere en geite en al die kantoorpolitiek. Jy het jou vriende by die werk. Jy weet wat jy vir wie kan vra. Nou moet ek al die dinge van vooraf uitfigure.

Maar dit maak my ook baie opgewonde, want dis alles nuwe uitdagings. En daarna sien ek baie uit!

1 comment:

  1. Hi daar,

    Vang bietjie op en beloer almal se blogs en kom op hierdie inskrywing van jou af. Waarheen gaan jy? Wat gaan jy maak?

    ReplyDelete