Monday 20 November 2006

nog tragedie

Dit voel of die tragedie rondom ons net nie ophou nie.

'n Kollega wat oor minder 'n maand sou trou se verloofde is die naweek tragies in 'n motorongeluk oorlede. Sy het haar hele lewe saam met hom beplan en aan die vooraand daarvan gestaan. Hoe tel jy die stukke op en gaan aan? Hoe kom jy verby daardie dag en die rok in die kas? Hoe kom jy alleen deur die Kerstyd. Hoe kom jy deur 'n lewe? Daar is maar net nie antwoorde nie.

My innige meegevoel aan Bernice vir haar groot verlies. Mag die herinneringe aan hom, jou 'n hele leeftyd lank herinner aan die kosbare en mooi dinge en tye wat julle gedeel het. En mag die Heilige Gees self jou troos wees in hierdie tyd.

No comments:

Post a Comment