Monday 18 January 2010

Groot bederf!

Met net drie weke oor voor ons troudag, is ek Saterdag soos 'n prinses bederf - tot in die afgrond. Eers oor middagete deur familie, vriendinne en kollegas en die aand weer deur vriendinne.

Baie dankie aan al die kosbare vroue in my lewe wat Saterdag vir my so spesiaal gemaak het. Dankie vir almal se moeite, liefde en ondersteuning en vir my geskenke. Ek is baie dankbaar en baie bevoorreg om julle in my lewe te hĂȘ.

Ek sal binnekort 'n paar foto's van die geleentheid hier oplaai.

No comments:

Post a Comment