Wednesday 8 August 2012

Sneeu in 'n sonskynland


Om te begin weet ek nie of ’n mens dit regtig sneeu kan noem nie. Dit was maar enkele vlokkies wat die oomblik wat dit die grond tref, reeds gesmelt het.

Suid-Afrikaners is gewoond aan sonskyn wat met see en sand en braai gepaard gaan. Baie mense het nog nooit sneeu of kapok gesien nie, en ek dink dit is wat gister se ervaring so magies gemaak het. Mense het uit hul werkplekke en huise gestroom om iets van hierdie wit vlokkies te ervaar en foto's te neem – die bittere koue (en hopelik ’n paar ander bekommernisse) vir ’n oomblik vergete.

My sneeu-oomblik van gister was toe ek by ’n rooi verkeerslig stop en die vlokkies weer begin neersif – byna soos wanneer jou bure polistireen sny en die fyn wit balletjies waai by jou venster verby. Die glimlag en gesigsuitdrukking van die seuntjie in die kar langs myne, som vir my die sneeu-ervaring op: verwondering en in vervoering. Die beeld van die kind se gesig is in my geheue geprent en waarskynlik die eerste ding waaraan ek nog vir ’n lang tyd sal dink, wanneer ek aan 7 Augustus se enkele sneeuvlokkies dink.

Ek hoop dat elkeen wat dit gister beleef het vir ’n oomblik van werk en spanning en geld kon vergeet en soos ’n kind in verwondering en vervoering oor die sneeu kon staan.

4 comments:

  1. Wat vertel je dit mooi...
    Ik heb gisteravond vol verwondering naar de plaatjes van en de berichten over jullie sneeuw op het journaal gekeken. Het komt dan ook werkelijk niet vaak voor hè?
    Hier in NL wel wat vaker maar de laatste , ik denk 25 jaar, ook niet meer in die mate als toen ik nog een kind was. Ze zeggen dat dit met de globale opwarming en de klimaatsverandering te maken heeft... tja... `t zal wel of niet.
    Ik zal het niet weten.
    De laatste drie a vier winters is wel weer wat meer gevallen hier.

    Zeg Annelie, ik heb vorige week een Afrikaanse film gekeken... moet zeggen dat ik jullie taal, als vlot gesproken, lang niet zo makkelijk kan volgen als wanneer ik het lees.
    Hoe is dat voor jou met Nederlands?
    Heb jij dat ook?

    Groetjes uit Abbekerk in West Friesland (NL dus... ;-) ),

    Gabi

    ReplyDelete
  2. Hallo Gabi,Nederlands is vir my soos Afrikaans vir jou blyk te wees. Dis maklik om te lees - ons het selfs op skool enkele Nederlandse boeke gelees, maar dit is beslis nie so maklik omgesproke taal te volg nie. Ek het gevind dat ek eerder die Engelse onderskrifte volg in sulke films.

    Ek is egter bly dat jy my skrywe kan volg.

    Groete, Annelie

    ReplyDelete
  3. Hallo,
    Wat 'n leuk blog het jy. Ek hou van die taal Afrikaans, soms is ek 'n bietjie aan die oefen, omdat ek later in Afrika wil werk.

    God se zegen!

    Baie groet,

    Ange-Blessy

    ReplyDelete
  4. Ek woon in 'n land waar dit elke winter ordentelik sneeu en al het ek al vyf winters van sneeu beleef, was elke sneeu-dag vir my iets magies.

    ReplyDelete