Friday 19 March 2010

SHOUT

Welgedaan!

En nog 'n "welgedaan" aan die inisieerders van die Shout Campaign!

'n Aantal Suid-Afrikaanse kunstenaars het saamgespan om die liedjie Shout op te neem en so hul stemme by die stryd teen misdaad te voeg. Die kunstenaars wat hierby betrokke is, is The Parlotones, Karen Zoid, Yvonne Chaka Chaka, Freshly Ground, HHP, Lira, Prime Circle, Hugh Masakela, The Soweto Gospel choir, Watershed, Loyiso, Steve Hofmeyer, Louise Carver, Tasha Baxter en Kurt Darren.

Dit is 'n inisiatief van die sanger Danny K in samewerking met Primedia se Crime Line. As gevolg van Crime Line se betrokkenheid teen misdaad wat ons land lamlĂȘ, is reeds 902 arrestasies gemaak. Met die opname van die liedjie word gepoog om geld in te samel om Crime Line in hul werk te help en Suid-Afrika vir ons almal 'n veiliger plek te maak.

Ek het nog altyd gedink Crime Line doen baie goeie werk en het daarom ook trots my stem bygevoeg deur R20 aan die inisiatief te skenk – en het ook nou sommer 'n splinternuwe luitoon.

Kyk op die
Shout-webblad vir meer oor die veldtog; daar is ook inligting en oor hoe om dit te ondersteun deur jou R20 te skenk en die liedjie af te laai. Kliek hier om na die video te kyk.

No comments:

Post a Comment