Thursday 12 April 2007

Trane vir Anna

Gisteraand begin ek Elbie Lotter se boek, Dis ek, Anna te lees. Dis een een van daai boeke wat jy letterlik nie kan neersit nie – alhoewel ek dit baie moes doen omdat ek nie ‘n woord deur my trane kon sien nie. En tussen die trane deur sit ek toe nie die boek neer voor ek nie die laaste woord gelees het nie. Die boek gryp my aan die hart en hoe verder ek lees, hoe meer trane vloei.

Trane van ‘n ongekende woede vir die vark wat ‘n kind misbruik.
Trane van moedeloosheid oor ‘n ma wat ander kant toe kyk.
Trane van hartseer oor ‘n vriendskap wat tot niet gaan.
Trane van teleurstelling oor ‘n verlore liefde.

Maar meestal trane omdat my hart breek vir kind in stilte moes ly.
Trane vir Stom Anna.

1 comment:

  1. Ek sal dit nie eens kan lees nie! Net die feit dat jy deur die boek kon kom is reeds prysenswaardig. Dis vir my net te erg, enige mens wat 'n kind se liggaam of siel seermaak!!!!

    ReplyDelete