Ek is 'n gereelde besoeker van deavondurenvanjoost en ek geniet sy foto's baie. Daar is egter een foto wat hy in Junie gepubliseer het waarna ek keer op keer terugkeer omdat dit my aan die dink gesit het. Met Joost se toestemming plaas ek dit hier en deel 'n stukkie van hoe ek dit sien.
Hierdie foto het my baie laat dink aan hoe ons na die wêreld, na mense en na aangeleenthede kyk. So dikwels is ons vasgevang in ons eie lewe, ons eie dinge en ons eie denke dat ons nie dinge buite onsself sien soos dit werklik is nie.
Ek weet my bogenoemde stelling is baie beredeneerbaar en dat 'n mens dit doodeenvoudig persepsie kan noem. (Ek weet ook dat dit sekerlik baie teenstrydig is om my siening oor persepsies te deel, want dit is immers net my persepsie.)
Hierdie foto het my egter daaraan laat dink dat ons soms ons eie persepsies moet ondersoek om seker te maak ons denke is nog in ooreenstemming met die werklikheid.
Kom ons was gereeld ons vensters, sodat ons dinge kan sien soos dit werklik is. Ons moet dit doen sodat ons nie 'n vuil kol op ons eie vensters sien dink dit is eintlik op die venster aan die oorkant is nie. (Dit laat my ook 'n bietjie aan die Bybelse analogie dink van dat ons eers die balk uit ons eie oë moet verwyder.)
Net so voel ek dat wanneer ons deur die hortjies van ons eie vensters kyk, ons mense en dinge in boksies plaas waar hulle nie hoort nie. Kom ons skuif die venster sommer heeltemal oop sodat ons die groter prentjie kan sien.
Amazing hoe ek by jou blog uitgekom het (uit my eie blog net "Next Blog" gekliek - ek doen dit nooit!) en hoeveel ek van jou posts hou en daarmee identifiseer! Die boeke wat ek nie gelees het in jou boekrak nie, weet ek sommer ek kan maar lees. Ek het selfs 'n foto van die Drakensberge geneem van presies dieselfde punt af toe ek en van my familie laas Des by Mahai gekamp het.
ReplyDeleteMal oor die foto hierbo en jou gedagtes daarrondom.
My blog is eintlik 'n maandelikse blog van my gesin, maar soms gooi ek (veral so aan die einde 'n nadenking of essaytjie ok in)
As jy wil: http://naupet.blogspot.com/
Dankie, dis lekker om te weet daar is darem mense wat my geskribbel lees. :-)
ReplyDeleteDenk dat je in Zuid Afrika woont....
ReplyDeleteLeuk om dit terug te lezen!
Ga ook mijn vader je blogadres doorsturen ( hij heeft daar jaren gewoond)
Hou vol... kom zeker nog eens terug om te lezen!
Groeten,
Madeliefste
Ook ik ben via next blog bij je uitgekomen, en ben geboeid door je verhalen. Het blijkt dat het Zuid Afrikaans behoorlijk goed interpreteerbaar is voor iemand uit Nederland :)
ReplyDelete@Madeliefste: Ek het ook na jou blog gaan kyk en dit lyk of jy 'n kreatiewe mens is - ek geniet dit self om handwerk te doen.
ReplyDelete@Thijs: Pragtige foto's! Geniet die reise waarop die lewe jou lei.
Hallo Annelie, boeiend om na een paar jaar jouw gedachten bij deze foto nog eens terug te lezen! Groet uit Middelburg, Joost
ReplyDelete