Friday 27 October 2006

om te groet ...

Hoe sê mens vir iemand baai?

Veral as dit jou vriendin is wat jy elke dag gesien het. Nie net het julle saamgewerk nie, maar julle het vriendinne geword. Julle het mekaar se lief en leed en lewe gedeel.

Ek gaan dit mis dat sy foto’s van haar kinders vir my wys en vertel watse oulike goed hulle doen. Ek gaan dit mis om haar opinie oor werksgoed te vra. Ek gaan dit mis om haar raad oor lewensdinge te vra. Ek gaan dit mis om saam met haar praatjies te maak oor lawwighede. Ek gaan dit mis om my hart uit te praat oor die dinge wat tel. Ek gaan haar lag en haar glimlag en haar grappies mis. Ek gaan haar simpatieke oor en haar hart vir mense mis.

Suretha, ek gaan jou baie mis. Maar ek weet dis darem nie asof ek jou nooit weer gaan sien nie. Ek beskou ons vriendskap as diepgewortel en heg ongelooflik baie waarde daaraan. Baie dankie dat jy altyd daar is as ek 'n skouer of 'n oor nodig het. En baie dankie vir alles wat ons kon deel.

Jy is ‘n vriendin duisend!

No comments:

Post a Comment