Thursday, 30 July 2009
Dankbaarheidsgebed maak my skaam
Wednesday, 22 July 2009
Luister na daardie stemmetjie
Ek en Lynette het saam op 'n komitee gedien en uit die aard van die saak relatief baie tyd saam spandeer (alhoewel ek haar nooit as een van my "beste" vriendinne beskou het nie). Toe ek teen die einde van daardie jaar die universiteit verlaat en Lynette agterbly, was sy in 'n diep donker gat van depressie (as gevolg van meer redes as wat ek seker ooit sal kan raai).
Ons het nie regtig kontak behou nadat ek weg is nie, maar toe iemand later vertel hoe sleg dit met Lynette en haar depressie gaan, het ek besluit om vir haar 'n brief te skryf. Ek kan in alle eerlikheid nie 'n enkele woord onthou wat ek in daardie brief geskryf het nie. En dit was die einde van ons kontak.
Drie jaar later ry ek een Desember-middag uit by 'n motorhawe in Colesberg op pad terug van vakansie af toe 'n ander motor inry; vir jare daarna het ek nog gewonder of ek my verbeel het toe ek gedink het Lynette was in daardie motor.
Nog vyf jaar later kry ek 'n epos van Lynette af (en ja, dit was sy in die ander motor). Sy het my opgespoor en vertel hoe dit gaan. Vanmiddag het ek weer epos van haar gekry en dis hier waar ek by die punt van my storie wil uitkom. Lynette se epos het my hart vanmiddag terselfde tyd laat huil en juig. Dit het gelees:
I was going through my memory box last night and I found the card and the letter you sent me so long ago. I just wanted to say thanks for them. I don't think you'll even know how much of a difference it made.
Ek het die brief beantwoord, maar dit nooit gepos nie. As ek lees wat ek destyds geskryf het, sjoe. Dit maak my hartseer om dit te lees, want ek besef hoe diep ek in my depressie verval het. Ek is ook gelukkig dat ek so ver gekom het en soveel gegroei het.
Dit beteken vir my so baie om na agt jaar te weet dit het 'n verskil gemaak en ek is so dankbaar dat dit nou goed gaan met haar. Soos ek gesê het, ek het geen idee wat ek in daardie brief geskryf het nie, maar dis genoeg om te weet ek het geskryf wat sy nodig gehad het om te hoor.
Dis vir my genoeg om te weet ek het na daardie "stemmetjie" geluister wat vir my gesê het om die brief te skryf en wat om daarin te skryf. Ek besef van vooraf dat wanneer ons "gevra" word om iets vir iemand te sê of te doen, ons dit MOET doen. Soms besef ons nie eers dat mense op ons pad geplaas word omdat daar iets spesifiek is wat ons vir hulle moet sê of doen nie. En meestal sal ons nooit eers besef dat ons iets vir iemand beteken het nie.
Dis so lekker om te weet ek kon iets vir Lynette beteken, maar dis selfs lekkerder om te weet dat dit nou so goed gaan met haar.
My pleidooi aan Lynette is nou dat sy nooit daardie stemmetjie sal ignoreer as sy gevra word om iets vir iemand te doen of te sê nie. Ek hoop sy sal besef in watse wonderlike posisie sy nou is om ander te ondersteun wat deur dieselfde donker dieptes gaan waardeur sy is. Ek wens dat sy nie die verandering wat in haar lewe plaasgevind het vir haarself sal hou nie. En ek bid dat almal van ons altyd daardie stemmetjie sal gehoorsaam, want ons sal nooit weet waar en wanneer en hoe God ons as Sy instrumente gebruik nie.
Monday, 20 July 2009
Die geheim van jonk bly
Die jongste uitgawe van Sarie is 'n viering van die tydskrif se sestigste bestaansjaar en is propvol "Toe en Nou"-brokkies en aanhalings uit die afgelope sestig jaar se uitgawes.
Een so 'n aanhaling is getiteld "Die geheim van jonk bly". Hierdie aanhaling uit die destydse Sarie Marais van 9 Julie 1958 spreek vir my van 'n resep wat soveel meer as net jonk bly aanraak en ek deel dit graag:
'n Mens word ook oud van dinge nié doen nie: nie 'n nuwe koek probeer bak nie, omdat die ou resep soveel makliker is; nie met die nuwe bure probeer kennis maak nie; nie die kleurskema van die woonkamer 'n slag probeer verander nie; nie nuwe boeke soek om te lees en nuwe plekke ontdek om vakansie te hou nie.
Monday, 13 July 2009
Welgevonden
Ons was die naweek op Welgevonden natuurreservaat wat deel vorm van die Marekela Nasionale Park wat ongeveer 25 km noordwes van Vaalwater in die Limpopo Provinsie lê. Die naweek was een van rus, goeie geselskap, heerlike kos en lang wildsritte.
Daar word geen privaat voertuie in die reservaat toegelaat nie, wat bydra tot die absolute stilte en saligheid. (Voertuie word in 'n area by die hoofhek parkeer, vanwaar jy dan met 'n Land Cruiser na jou lodge geneem word.) Die feit dat daar slegs akkommodasie vir tien mense in die lodge is, het ook bygedra tot die rustigheid wat ons daar ervaar het.
Ons het in lieflike chalets gebly, elk met 'n kaggel, buitestort en stoep vanwaar jy 'n asemrowende uitsig oor die bosveld kan geniet terwyl bokke tussen die chalets wei.
Die naweek was vol hoogtepunte: Die aande het ons heerlik om die vuur gekuier terwyl die sterre in 'n skouspel bo ons geblink het en gisteroggend se sonsopkoms was ook spesiaal.
So het elke wildsrit ook sy eie hoogtepunte gelewer.
Vrydagaand kyk ons nog een oomblik nog hoe 'n seekoeibul staan en vreet, toe hy skielik omdraai en in volle vaart die water inhardloop. Dit het kompleet gelyk asof hy daar induik.
Saterdagoggend het ons drie leeuwyfies rustig in die skadu van 'n boom gesien lê terwyl twee welpies om hulle gespeel en later aan 'n hul ma gaan drink het.
Sondagoggend het ons 'n leeumannetjie en drie renosters gesien (waarvan een nog 'n kleintjie was).
Verder het ons, onder andere, ook rooibokke, blouwildebeeste, koedoes, rooihartbeeste, kameelperde, sebras en vlakvarke gesien.
Behalwe vir die feit dat my Liefie siek teruggekom het, het ons 'n fantastiese naweek in die bos gehad. Hier is 'n paar naweekfoto's wat ek met toestemming van my Liefie plaas.
Thursday, 9 July 2009
The Megaphone of Hope
Wanneer jy genoeg tyd saam met mense spandeer, begin jy agterkom wat die belangrike dinge in hul lewens is. Jy sien hul 'lewensboodskappe' deur hoe hulle optree en hul houdings. In moeilike tye sien jy egter hoe daardie boodskappe uitgedoof of versterk word.
Watter boodskap stuur jou lewe uit en wat maak jy daarmee in moeilike tye?
Ek het gisteraand deel 2 van Louie Giglio se DVD HOPE: When Life Hurts Most gekyk; dis getiteld: The Megaphone of Hope. In hierdie deel praat hy oor die boodskappe wat jy uitstuur in moeilike tye. Dis in sulke tye wat dit hard en duidelik (soos deur 'n megafoon) na die wêreld uitbasuin word wat jou werklike karakter is en waar jy jou hoop vind.
Daar is verskeie punte waaroor ek na die tyd nagedink het:
* Waarheen draai ek vir hulp wanneer ek in die stroomversnellings van die lewe vasgevang word?
* Wat is die boodskap wat ek dan na die wêreld stuur?
* As my houdings in moeilike tye 'n megafoon word vir die boodskappe wat ek uitstuur, sal dit die dinge wat vir my die meeste beteken óf uitdoof óf versterk. Wat maak my houdings in sulke tye met die dinge wat my die naaste aan die hart lê?
Die meeste mense stuur in sulke tye 'n boodskap van selfbehoud uit. Alhoewel dit nie opsigself 'n slegte ding is nie, kan daardie boodskap jou moontlik laat 'ontspoor' deur na die verkeerde plekke te draai vir troos en hoop. Indien jou boodskap is om God te verheerlik, kan geen las daardie boodskap ooit uitdoof nie. In teen deel, daardie boodskap sal versterk word en God sal deur jou swaarkry verheerlik word.
God kan ons swaarkry baie beter tot sy getuienis en verheerliking gebruik as ons voorspoed. Ek is nie seker dat dit 'n groot inpak sal hê nie as iemand bloot die hele tyd vertel dat dit net nog altyd met hom goed gegaan het en hoe goed God vir hom sorg. Vat daarteen 'n getuienis van iemand wat van sy swaarkry vertel en hoe God dit omgedraai het en die goeie wat daaruit gekom het.
Nog een van Louie Giglio se stellings wat my opgeval het, is dat indien hy die kans sou hê om enige iets te verander, hy al die swaarkry van die verlede sou uitwis en dinge verander sodat dit nooit gebeur het nie. Dit is immers nie lekker nie en op daardie stadium aaklig om te hanteer. Maar hy kan dit nie verander nie en as dit nooit gebeur het nie, sou hy dalk nie van die goedheid van God en die hoop wat hy in God vind, kon getuig het nie.
Tydens 'n Pinkster-geleentheid nie te lank gelede nie, het die predikant die volgende beeld gebruik. Hy het 'n groot kleipot op die verhoog gehad, maar die pot het 'n paar krake en stukkende plekke gehad en daar was 'n lig binne-in die pot. As daar nie stukkende plekke in die pot was nie, sou 'n mens nooit die lig daarbinne kon sien nie. En dis ook hoe God ons gebruik, Sy lig skyn die beste deur ons gebrokenheid.
Ons weet immers dat daar altyd moeilike tye sal wees, daarom vra ek weer: Watter boodskap stuur jou lewe uit en wat maak jy daarmee in moeilike tye?
I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world. ~ John 16:33
Friday, 3 July 2009
Naweekwoorde
En die son brand purper my gedagtes
As die son of die reën vir my kom haal
Jy sê iewers is daar liefde
iewers waar tyd vir jou kom haal
Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my
Wie's die girl onder jou oë
wat in Krismis kan glo
happy hours by die kroeë
Vra my lighty het jy 'n light?
Vou droom soos 'n kite
En scheme tonight tonight!
Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
Bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my
Maak my siek en maak my blind
ek is jammer ek't jou ingesluk
is daar iemand wat vir my bid?
Maak my hartjie weer rein
Gee my Rembrandt van Rijn
Maak my blind vir hulle seine
Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
O bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my
Bly vanaand by my, ek weet jy't seer gekry
sit jou lyfie in my groen trui
O bly vanaand by my, bly vanaand by my, bly vanaand by my
Wednesday, 24 June 2009
Woolies-koekies
I asked how much, and she responded; 'Only two fifty - it's a great deal'
I agreed to that, and told her to add it to my bill.
Thirty days later, I got my Visa statement, and the Woolworths charge was R485. I looked at it again, and I remembered I had only spent R49.95 for two sandwiches and about R120 for a scarf. At the bottom of the statement, it said, 'Cookie Recipe - R250.00'. That was outrageous!
I called Woolworths Accounting Department and told them the waitress had said it was 'two fifty', which clearly does not mean 'two hundred and fifty rands' by any reasonable interpretation of the phrase. Woolworths refused to budge. They would not refund my money because according to them 'What the waitress told you, is not our problem. You have already seen the recipe. We absolutely will not refund your money.'
I explained to the Accounting Department lady the criminal statutes which govern fraud in the state of Gauteng. I threatened to report them to the Better Business Bureau and The Attorney-General's office. I was basically told 'Do what you want. Don't bother thinking of how you can get even, and don't bother trying to get any of your money back.'
I said, OK, you've got my R250, and now I'm going to have R250 worth of fun. I told her that I was going to see to it that every cookie lover in the world with an e-mail account gets a R250 cookie recipe from Neiman-Marcus for free. She replied, 'I wish you wouldn't do that.' I said, 'Well, perhaps you should have thought of that before you RIPPED ME OFF!' and slammed down the phone.
So here it is! Please pass it on to everyone you can possibly think of. I paid R250 for this, and I don't want Woolworths to EVER make another cent from this recipe!
WOOLIES COOKIES
2 (500 ml) cups butter
680 g chocolate chips
4 (1000 ml) cups flour
2 (500 ml) cups brown sugar
2 tsp. (10 ml) Bicarbonate of soda
1 tsp. (5 ml) salt
2 (500 ml) cups sugar
500 g Grated Cadbury chocolate
5 (1250 ml) cups blended oatmeal
4 eggs
2 tsp. (10 ml) baking powder
2 tsp. (10 ml) vanilla
3 cups (375 ml) chopped nuts (optional)
Measure oatmeal, and blend in a blender to a fine powder. Cream the butter and both sugars. Add eggs and vanilla, mix together with flour, oatmeal, salt, baking powder, and bicarbonate of soda. Add chocolate chips, grated Chocolate and nuts. Roll into balls, and place two inches apart on a cookie sheet. Bake for 10 minutes at 180 C.
The above quantities make 112 cookies.
Tuesday, 23 June 2009
Klein vreugdes
Vandag is 'n grou en hartseer begrafnisdag, maar vanuit die teks waaraan ek werk, kom spring 'n gunsteling Ingrid Jonker-gedig op my skerm en maak my dag so 'n stukkie beter. En ek besef daar is soveel klein vreugdes in die lewe wat ons nie durf miskyk nie.
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
'n spieël het gebreek
tussen my en hom
Soek ek na die grootpad
om daarlangs te draf
oral draai die paadjies
van sy woorde af
Dennebos herinnering
dennebos vergeet
het ek ook verdwaal
trap ek in my leed
Pappegaai-bont eggo
kierang kierang my
totdat ek bedroë
weer die koggel kry
Eggo is geen antwoord
antwoord hy alom
bitterbessie dagbreek
bitterbessie son
Monday, 15 June 2009
Kookles
Ek is nie seker of ek dit sou glo as iemand my vertel het hoeveel pret 'n kookles kan wees nie. Vrydagaand het ons 'n kookles bygewoon as deel van 'n groep van 10 mense vir 'n vriend se verjaardag.
Ons het hope pret gehad! Ek het lanklaas so lekker saam vriende gelag en gekuier. Dit was so anders as die gewone verjaardagpartytjie waar jy gewoonlik aan tafel sit en kuier terwyl jy bedien word.
Vrydag het ons die Italiaanse kookklas by Antoinette's Cookery School in Centurion bygewoon. Ons is met 'n glasie sjerrie deur Antoinette verwelkom – sy is 'n vriendelike innemende mens wat ons dadelik tuis laat voel het. Ek het later gedink dat haar persoonlikheid 'gemors' sou wees as sy bloot net 'n sjef was wat êrens in 'n kombuis agter potte gestaan het. Sy is perfek om 'n kookskool te bestuur en klasse aan te bied.
Sy het ons eers bietjie agtergrond gegee oor Italiaanse kos en olyfolie en ons selfs aan verskillende tipes olyfolie laat proe. En toe begin die pret.
Die eerste dis was nagereg (omdat dit die langste neem om te stol). Eiers is geskei waarna ons verwoedelik met draadklitsers begin klits het om die eierwit styf te kry en daarna by die res van die bestanddele in te vou. Ons het vingerkoekies in koffielikeur laat week en in die proses het elkeen sy en haar eie klein tiramisu gebou.
Om eg Italiaans te bly, het ons focaccias gemaak. Ons het eers die deeg geknie op die maat van Abba. Ek moet sê ek is innig dankbaar vir kitsgis en dat dit nie nodig was om brood te bak soos my ouma dit gedoen het nie. Die dames s'n was plat met olywe, roosmaryn en growwe sout op terwyl die manne stromboli gemaak het gevul met songedroogde tamaties, pepers en fetakaas. En almal was vol meel.
Daarna het ons begin met die pasta. Weereens was daar oral meel. Die deeg is gemaak en uitgerol. En weer uitgerol. En nog 'n keer of twee uitgerol. En toe gesny. Toe verdeel ons is groepies van twee en elke groepie was verantwoordelik vir 'n pastasous. Ek en liefie het 'n sampioen-en-knoffelsous gemaak. Daar was ook 'n driekase-sous, hoender-en-sampioensous, frikkadelle en tamatie en 'n pastagereg met botterskorsie.
Toe al die disse eindelik gereed was, het ons om 'n lang tafel aangesit, begin smul en heerlik gekuier. Dit was die meeste pret wat ek in 'n baie lang tyd gehad het en sien uit om ook van Franse, Griekse, Marokkaanse kos en sushi by Antoinette te gaan leer.
Ek kan dit beslis aanbeveel vir enige iemand wat belangstel in 'n aandjie saam met vriende wat anders as dit is waaraan ons gewoond is.
Sunday, 14 June 2009
Wat sê 'n mens?
Wat sê 'n mens? Wat sê 'n mens vir jou vriendin van die afgelope vyf jaar wat 'n paar dae gelede nog vertel het hoe goed dit in haar gesin gaan en hoe lekker dit is om 'n 'stay at home mommy' te wees? En skielik is haar man nie meer daar nie. Skielik is haar wêreld in skerwe geruk. En steeds moet sy aangaan.
Hoe verduidelik jy vir 'n sewejarige seuntjie en sy sussie wat binnekort drie word dat Pappa nie weer huis toe kom nie? Hoe maak jy jou babadogtertjie van drie maande groot met die die wete dat sy nooit haar Pappa geken het nie.
Suretha, ek weet nie wat om vir jou te sê nie en ek weet jy weet ook nie hoe om aan te gaan nie.
Maar wat ek weet is dat jy baie sterker is as wat jy dalk nou besef.
Ek weet dat jy 'n wonderlike familie het wat jou elke dag in liefde bystaan.
Ek weet dat jy opregte vriendinne het wat in 'n oogwink daar sal wees as jy hulle nodig het.
Ek weet dat jy 'n fantastiese ma is wat jou kinders volgens Sy wil grootmaak.
Ek weet dat die Gees van God in jou is en dat jy Sy krag ken.
En ek weet dat jy weet hoe afhanklik jy daarvan is.
My liewe vriendin, ek weet steeds nie wat om vir jou te sê nie. Maar ek dra jou in my gebede. God het sy Trooster vir ons uitgestort sodat ons nooit alleen sal wees nie en ek bid dat Hy jou ook nou sal vertroos en vashou.
